Die middeljare is ook nie vir sissies nie

Dit val my vanoggend by toe ek aantrek. Ek is nou aan die verkeerde kant van my dertigs. Volgens die WHO is die globale gemiddelde lewensverwagting vir die gewone mens so om en by 71 jaar. Vir Suid-Afrikaners is dit aansienlik laer, maar laat ek nou nie swartgallig raak nie. Dit beteken ek is nou … Lees verder Die middeljare is ook nie vir sissies nie

Advertisements

Donker vrees

Ek dink ek verstaan dit nou.  Ek het vanaand 'n film met die naam Dark places gekyk (voorprent). Dit was vir my nogal goed; ek hou daarvan as ek nie die einde van 'n film kan raai nie; en dit het my laat dink. Veral die laaste paar sinne. Ek dink nie wat ek nou … Lees verder Donker vrees

Naamloos

'n Poging tot 'n kortverhaal, geïnspireer deur my nagmerrie van gisteraand. Die  nagmerrie wat my uit die slaap uit hou, omdat ek dit so graag nié wil nie, maar hy wil. Blykbaar. Dit was 'n besonder vinnige proses. Onpersoonlik en koud. Onemosioneel. Onsimpatiek. Prosesmatig. Professioneel. Pynlik vinnig en effektief. 'n Belewenis. Iets wat sy nooit … Lees verder Naamloos

Die probleem met “vergeet”

Is dit moontlik om ooit werklik te vergeet? Het iemand dit al ooit reggekry om 'n gebeurtenis so behoorlik uit hulle gedagtes uit te vee dat dit sommer heeltemal uitgewis is? Onherroeplik weg? Vergewe loop hand aan hand met vergeet. Ek het grootgeword met die gedagte (dalk eerder die ideologie?) dat die twee nie van … Lees verder Die probleem met “vergeet”

Kommapunt 9: Wat’s die ding met ’n belofte?

Wat is ’n belofte? Ek het die afgelope ruk nogal baie met dié vraag in my kop rondgeloop. Konstant vir myself hierdie vraag gevra, om die waarheid te sê. Tipies ek, het ek natuurlik ’n verklaring uit ’n woordeboek om te help... Promise: (1) a statement telling someone that you will definitely do something or … Lees verder Kommapunt 9: Wat’s die ding met ’n belofte?

Kommapunt 8: As ’n hartklop stil raak

Ek het al so baie geskryf oor goeie vriende, liefde, my ouers, en stukkies van my man, maar oor hierdie laasgenoemde persoon het ek nog hopeloos te min geskryf, hoewel hy altyd stukkies van my verlange volmaak en my minder alleen laat voel op sy manier. Dalk is dit omdat ek bang is en dalk … Lees verder Kommapunt 8: As ’n hartklop stil raak

Kommapunt 5: Klaar met kat-en-muis

Toe die realiteit my uiteindelik tref, was dit met mening. Twee weke het verby gegaan vandat ek by die kliniek was, maar dit het gevoel soos ’n leeftyd. In daardie tyd het daar eintlik nie veel gebeur nie. Tog het daar regtig baie gebeur. Iewers net na die kliniek-episode het ek erg griep gekry wat … Lees verder Kommapunt 5: Klaar met kat-en-muis

Kommapunt 3: Die vreeslikste dag van my lewe

*Nee, hierdie is nie meer net soos ’n fiktiewe storie van ’n gesiglose meisie in ’n vreemde wêreld nie. Kommapunt 3 is meer eg en die dinge wat ek hier skryf voel nog meer rou as enige van die vorige kommapunte. Ek kon dit nie in die derde persoon skryf nie; ek weet nie hoekom … Lees verder Kommapunt 3: Die vreeslikste dag van my lewe

Wat het van daai muffins geword, huh?

Strooimeisie is iemand wat geneig is om alles te oordink. Elke dingetjie en elke fynste, kleinste detail. Alles. Oor en oor en oor. Hoekom weet ek nie, maar dis iets wat ek van kleintyd af al doen. Ek irriteer myself grensloos hiermee en ek wens ek kan myself sover kry om die gewoonte af te … Lees verder Wat het van daai muffins geword, huh?

Kommapunt 2: ’n Doellose gejaag na wind

Vir omtrent ’n maand lank het sy met ’n onbeskryflike worsteling en seer in haar rondgeloop. Dit was al moeiliker vir haar gewees om te werk, want haar gedagtes het bly terugkeer na foto’s wat sy nooit wou sien nie. Na moontlikhede van wat alles daar kon gebeur het. Elke nou en dan het sy … Lees verder Kommapunt 2: ’n Doellose gejaag na wind

Kommapunt 1: Die begin

A semicolon is a place in a sentence where the author has the decision to stop with a period, but chooses not to. A semicolon is a reminder to pause and then keep going. (http://www.huffingtonpost.com/heather-parrie/my-semicolon-tattoo-is-more-than-art_b_7663538.html) Iets het haar dit laat doen. Sy wou nie, maar sy moes aan haarself bewys dat sy verkeerd is hieroor. … Lees verder Kommapunt 1: Die begin