It’s no use crying over spilt milk

Soms dink ek aan die glas vol wit. Die wit wat teen die muur gebreek en op die grond gemors het. Dalk vang die aanhoudende reën my net. Nostalgie. Neerdrukkend. Dit is nou al grys van Woensdag af. Dalk is dit die konstante alleenheid. Ek voel vandag sielsalleen. Eintlik al vir 'n rukkie. Soms, op … Lees meer It’s no use crying over spilt milk

Een ding

Wat as jy sou hoor dat jy nie meer gaan wees nie? Wat as jou lewe skielik net stol soos ou bloed wat net ophou loop. Wat sou die een ding wees wat jy sou wou agterlaat? Wat is die een ding wat jy graag in jou voetspore sou wou los? Ek is soms bang. … Lees meer Een ding

Kruispad-mens

Mense kruis my pad daagliks, maar sommiges laat 'n blywende indruk. Vir hierdie persone is ek dankbaar (understatement of the century). Jy was vir my van die eerste oomblikke af "onverwags". Soos 'n bui reën op 'n warm somersdag: só verfrissend, só welkom, só nodig.

Snikheet

Dis warm vandag. Gauteng beleef tans een van die ergste hittegolwe in 'n lang tyd en plek-plek het die kwik blykbaar so aan 44 grade geraak (maar ek sal nou nie my lewe op dié inligting wed nie). Ek is nie een vir hierdie kaliber somers nie. In die winter, het ek nog altyd gesê, … Lees meer Snikheet

Jok

Almal jok. Partykeer jok mense oor en oor, oor dinge wat regtig nie jokkingswaardig is nie. Soms jok hulle omdat hulle wil, soms omdat hulle voel dat hulle nie anders kan nie, en soms omdat hulle dink dat 'n halwe waarheid darem dit is -- half waar. (Was dit Oups wat gesê het dat 'n … Lees meer Jok

Verlies

Dit is onregverdig en verkeerd. 'n Vriendin. 'n Onverwagte swangerskap. 'n Ongenooide miskraam. 'n Hartseer wat min mense verstaan; gelukkig en ongelukkig. Ek het nie woorde nie, net trane. In my semi-verstaan van hoop en opgewondenheid wat 'n mens op 'n dag net ontneem word, is trane al wat ek het. Rou en warm en … Lees meer Verlies

Verledetyd

Jy gooi 'n blik vol briefies weg wat ek vir jou geskryf het. My hartsbegeertes neergepen en in papier geïnk. Jy sê herinneringe's sleg van wat ons saam gedoen het. My drome leef verledetyd in jou hand nou net verbrokkel. Ek smag om vir jou 'n "ek is lief vir jou"-briefie te skryf, soos ek … Lees meer Verledetyd

Wat dan?

En toe tref dit my. Ek het vier jaar van my lewe gemors. Eintlik meer... vyftien. Shit. Dis net-net minder as die helfte van my lewe. Sedert 2003, toe ek hom ontmoet en kop verloor het, het ek gebou aan iets. My eerste droom, my eerste liefde, my eerste held. Die bouprojek is egter so … Lees meer Wat dan?

Die rusbank

As pasgetroudes het ons regtig nie veel gehad nie. Iets, maar amper niks. My man het 'n huisie gekoop, hoewel ons nie 'n paleis kon bekostig nie. Binne was die minimum: 'n paar kombuisgoed, 'n stokou TV waarvan die helfte van die beeld maar baie groen was, 'n bed, yskas, tafel, twee opslaan tuinstoele en … Lees meer Die rusbank

Kaapstad

Ná 'n onlangse blitsbesoek aan die Kaap, het ek opnuut besef dat my wêreld tog so klein is. Té klein, dalk. Dit was my tweede keer in die stad. Besige plekke met baie karre en hoë geboue maak my gewoonlik bang en op my senuwees. Maar hier? Ander storie. Ek is betower deur hierdie stad... … Lees meer Kaapstad

3 jaartjies

Soms wens ek dat ek net weer drie jaar oud kan wees.  Dit is 'n ouderdom waar vloermoere aanbaarbaar is, waar jy selfs vrae wat ongemaklik is móét vra, waar jy kinderlik-opreg bly kan wees en maar mag truppel van vreugde as iets groots gebeur. Jy kan skaterlag en hartverskeurend huil, en mense sal troos … Lees meer 3 jaartjies

Trane

Wat doen 'n mens as jou dag met trane begin; as 'n mylpaal in jou huwelik voorlê, maar jy weet dis net op papier en dis eintlik net vir jou wat dit iets beteken?  Wat doen 'n mens as jy besef dat jý so min waarde soos daardie stukkie papier het vir die persoon wat … Lees meer Trane

Strooi: filosofiese dromer, nou ook doener

I search for perfection in imperfection, because imperfection is beautifully unique and brutally honest. As iemand wil weet wie dit gesê het – dit was 'n filosofiese oomblik wat ek gisteraand beleef het waartydens ek allerhande diep dinge kwytgeraak het. Ek doen dit soms (raak diep) en bedoel dan altyd wat ek sê. Soms is … Lees meer Strooi: filosofiese dromer, nou ook doener

;

Ná 'n nag waar nagmerries my gejaag het... dié een is vir almal wat al op 'n plek was waar die seer groter as jyself gevoel het... weet net: dit was nie die einde nie; dit is steeds nie die einde nie; kies net reg...

Honger

Dis laat. Ek kan nie slaap nie, want dis te warm en hier is 'n bloedsuiger in die kamer (hy gaan nog letterlik bars soos wat hy aangaan). En nou grom my maag ook nog! Ek is honger... nee... ek is eintlik besonder belustig! Cravings tref my altyd onverhoeds en ek is ongelukkig genoeg om … Lees meer Honger

‘n Nota oor my “stoute strooi”

Strooimeisie het 'n stoute streep in haar. 'n Wilde kant wat soms kop uitsteek. Regte soetsappige EL James-oomblikke (hoewel ek dink Sylvia Day skryf beter). In 'n poging om haarself van totale waansin te red, skryf sy dié dinge uit en plaas sy dit dikwels ongeredigeer op haar blog. Sy wil egter nie haar wilde … Lees meer ‘n Nota oor my “stoute strooi”

Padsarkasme

Ek kom vanoggend, terwyl ek soek na 'n e-pos wat ek ongelukkig wraggies uitgevee het, op 'n boodskap af wat ek lank gelede vir iemand gestuur het. Dit was een van die boodskappe wat ek gedink het wel uitgevee is, so imagine hoe verras was ek! In die e-pos het ek vertel hoe mense wat nie padreëls … Lees meer Padsarkasme

Oups

Ek wens vanaand ek kon die tyd terugdraai. 25 jaar terug. Na 'n tyd wat ek - onskuldig-gelukkig met my twee poniesterte en bekkie propvol babbelrigheid - op sy skoot kon gaan klouter waar hy voor die TV op sy Lazyboy sit.  Ek wens ek kon net een keer weer voel hoe hy my veilig … Lees meer Oups