Naamloos

'n Poging tot 'n kortverhaal, geïnspireer deur my nagmerrie van gisteraand. Die  nagmerrie wat my uit die slaap uit hou, omdat ek dit so graag nié wil nie, maar hy wil. Blykbaar. Dit was 'n besonder vinnige proses. Onpersoonlik en koud. Onemosioneel. Onsimpatiek. Prosesmatig. Professioneel. Pynlik vinnig en effektief. 'n Belewenis. Iets wat sy nooit … Lees verder Naamloos

Advertisements

‘n Blôr verby

Dis vandag 1 jaar vandat ek al my moed bymekaargeskraap het en vir die eerste keer ooit 'n blog geskryf het. Skaamteloos en eerlik. Tot op daardie oomblik het bloggery my min getrek; eintlik half afgesit. Ek kon nooit verstaan waarom mense hulle lewensdrama, hartseer stories, sielsgeluk of selfs resepte op blogs deel nie. En … Lees verder ‘n Blôr verby

Die probleem met “vergeet”

Is dit moontlik om ooit werklik te vergeet? Het iemand dit al ooit reggekry om 'n gebeurtenis so behoorlik uit hulle gedagtes uit te vee dat dit sommer heeltemal uitgewis is? Onherroeplik weg? Vergewe loop hand aan hand met vergeet. Ek het grootgeword met die gedagte (dalk eerder die ideologie?) dat die twee nie van … Lees verder Die probleem met “vergeet”

Kommapunt 9: Wat’s die ding met ’n belofte?

Wat is ’n belofte? Ek het die afgelope ruk nogal baie met dié vraag in my kop rondgeloop. Konstant vir myself hierdie vraag gevra, om die waarheid te sê. Tipies ek, het ek natuurlik ’n verklaring uit ’n woordeboek om te help... Promise: (1) a statement telling someone that you will definitely do something or … Lees verder Kommapunt 9: Wat’s die ding met ’n belofte?

Kommapunt 8: As ’n hartklop stil raak

Ek het al so baie geskryf oor goeie vriende, liefde, my ouers, en stukkies van my man, maar oor hierdie laasgenoemde persoon het ek nog hopeloos te min geskryf, hoewel hy altyd stukkies van my verlange volmaak en my minder alleen laat voel op sy manier. Dalk is dit omdat ek bang is en dalk … Lees verder Kommapunt 8: As ’n hartklop stil raak

Kommapunt 5: Klaar met kat-en-muis

Toe die realiteit my uiteindelik tref, was dit met mening. Twee weke het verby gegaan vandat ek by die kliniek was, maar dit het gevoel soos ’n leeftyd. In daardie tyd het daar eintlik nie veel gebeur nie. Tog het daar regtig baie gebeur. Iewers net na die kliniek-episode het ek erg griep gekry wat … Lees verder Kommapunt 5: Klaar met kat-en-muis

Kommapunt 3: Die vreeslikste dag van my lewe

*Nee, hierdie is nie meer net soos ’n fiktiewe storie van ’n gesiglose meisie in ’n vreemde wêreld nie. Kommapunt 3 is meer eg en die dinge wat ek hier skryf voel nog meer rou as enige van die vorige kommapunte. Ek kon dit nie in die derde persoon skryf nie; ek weet nie hoekom … Lees verder Kommapunt 3: Die vreeslikste dag van my lewe

Kommapunt 2: ’n Doellose gejaag na wind

Vir omtrent ’n maand lank het sy met ’n onbeskryflike worsteling en seer in haar rondgeloop. Dit was al moeiliker vir haar gewees om te werk, want haar gedagtes het bly terugkeer na foto’s wat sy nooit wou sien nie. Na moontlikhede van wat alles daar kon gebeur het. Elke nou en dan het sy … Lees verder Kommapunt 2: ’n Doellose gejaag na wind

Kommapunt 1: Die begin

A semicolon is a place in a sentence where the author has the decision to stop with a period, but chooses not to. A semicolon is a reminder to pause and then keep going. (http://www.huffingtonpost.com/heather-parrie/my-semicolon-tattoo-is-more-than-art_b_7663538.html) Iets het haar dit laat doen. Sy wou nie, maar sy moes aan haarself bewys dat sy verkeerd is hieroor. … Lees verder Kommapunt 1: Die begin