Reality check

Soms suck die realiteit... of minstens, soms suck daardie oomblik wat die realiteit tot jou deurdring. As 'n mens dink jy is iets, maar eintlik is jy nog al die tyd niks... as daardie realiteit jou tref dan maak dit seer. As 'n mens begin dink jy is anders en dit actually begin glo, maar … Lees verder Reality check

Advertisements

Snikheet

Dis warm vandag. Gauteng beleef tans een van die ergste hittegolwe in 'n lang tyd en plek-plek het die kwik blykbaar so aan 44 grade geraak (maar ek sal nou nie my lewe op dié inligting wed nie). Ek is nie een vir hierdie kaliber somers nie. In die winter, het ek nog altyd gesê, … Lees verder Snikheet

Woorde wat Kerstyd minder laat suck

Ek het as kind van Kersfees gehou. Alles daaromtrent. Die geestelike deel, die kos, die saamwees, die geskenke (gee selfs meer as ontvang). Ek sou 'n ou tak uit die tuin gaan haal en met Oums se skulpies en papier versier as daar nie 'n kersboom was nie. Die tafel sou perfek en mooi gedek … Lees verder Woorde wat Kerstyd minder laat suck

The unbearable lightness of not being

Ek onthou Milan Kundera se boek en stukkies van die film, The unbearable lightness of being. Ek moes die boek lees en die film kyk as deel van 'n kursus in filmkunde wat ek jare terug gedoen het. Soos enige goeie boek, het dié een ook baie interpretasies van lesers, ontleders en kritici, baie onbeantwoorde … Lees verder The unbearable lightness of not being

Jok

Almal jok. Partykeer jok mense oor en oor, oor dinge wat regtig nie jokkingswaardig is nie. Soms jok hulle omdat hulle wil, soms omdat hulle voel dat hulle nie anders kan nie, en soms omdat hulle dink dat 'n halwe waarheid darem dit is -- half waar. (Was dit Oups wat gesê het dat 'n … Lees verder Jok

Verlies

Dit is onregverdig en verkeerd. 'n Vriendin. 'n Onverwagte swangerskap. 'n Ongenooide miskraam. 'n Hartseer wat min mense verstaan; gelukkig en ongelukkig. Ek het nie woorde nie, net trane. In my semi-verstaan van hoop en opgewondenheid wat 'n mens op 'n dag net ontneem word, is trane al wat ek het. Rou en warm en … Lees verder Verlies

Met ‘n witbrood onder die arm

Ek het nou al vir ʼn paar dae lank ʼn craving vir iets wat ek altyd as kind saam met Oups geëet het. ʼn Dubbel-dik sny witbrood. Maar nie sommer net enige brood nie. Ek is lus vir plaasbrood; boerebrood; nie die klaar gesnyde papierdun snytjies fabriekbrood wat ʼn mens oral in natgeswete plastieksakkies kry … Lees verder Met ‘n witbrood onder die arm

Die middeljare is ook nie vir sissies nie

Dit val my vanoggend by toe ek aantrek. Ek is nou aan die verkeerde kant van my dertigs. Volgens die WHO is die globale gemiddelde lewensverwagting vir die gewone mens so om en by 71 jaar. Vir Suid-Afrikaners is dit aansienlik laer, maar laat ek nou nie swartgallig raak nie. Dit beteken ek is nou … Lees verder Die middeljare is ook nie vir sissies nie

Strooi: filosofiese dromer, nou ook doener

I search for perfection in imperfection, because imperfection is beautifully unique and brutally honest. As iemand wil weet wie dit gesê het – dit was 'n filosofiese oomblik wat ek gisteraand beleef het waartydens ek allerhande diep dinge kwytgeraak het. Ek doen dit soms (raak diep) en bedoel dan altyd wat ek sê. Soms is … Lees verder Strooi: filosofiese dromer, nou ook doener

;

Ná 'n nag waar nagmerries my gejaag het... dié een is vir almal wat al op 'n plek was waar die seer groter as jyself gevoel het... weet net: dit was nie die einde nie; dit is steeds nie die einde nie; kies net reg...

‘n Nota oor my “stoute strooi”

Strooimeisie het 'n stoute streep in haar. 'n Wilde kant wat soms kop uitsteek. Regte soetsappige EL James-oomblikke (hoewel ek dink Sylvia Day skryf beter). In 'n poging om haarself van totale waansin te red, skryf sy dié dinge uit en plaas sy dit dikwels ongeredigeer op haar blog. Sy wil egter nie haar wilde … Lees verder ‘n Nota oor my “stoute strooi”

Oups

Ek wens vanaand ek kon die tyd terugdraai. 25 jaar terug. Na 'n tyd wat ek - onskuldig-gelukkig met my twee poniesterte en bekkie propvol babbelrigheid - op sy skoot kon gaan klouter waar hy voor die TV op sy Lazyboy sit.  Ek wens ek kon net een keer weer voel hoe hy my veilig … Lees verder Oups

‘n Badkamer se verstaan

Is daar al ooit navorsing gedoen oor badkamers se emosionele intelligensie? Dit is wat ek vanaand so skuins voor elf sit en wonder, terwyl die koue van die teëls stadig tot in my boudvleis vorder. Vet-isolasie help ook net soveel. Ek wonder hoe dit gebeur dat die vloer traandruppels absorbeer; soveel só dat die stortvloed … Lees verder ‘n Badkamer se verstaan

Naamloos

'n Poging tot 'n kortverhaal, geïnspireer deur my nagmerrie van gisteraand. Die  nagmerrie wat my uit die slaap uit hou, omdat ek dit so graag nié wil nie, maar hy wil. Blykbaar. Dit was 'n besonder vinnige proses. Onpersoonlik en koud. Onemosioneel. Onsimpatiek. Prosesmatig. Professioneel. Pynlik vinnig en effektief. 'n Belewenis. Iets wat sy nooit … Lees verder Naamloos