Ek is net te moeg

Is daar enigiets wat seerder maak as om te weet dat jy die belangrikste deel van jou ganse bestaan verloor het? Soos ‘n kosbare ring… sonder dat jy dit bedoel het of daarvoor gesoek het… net weg.

Is daar enigiets wat erger is as om vas te klou aan hoop, want daar is mos áltyd hoop, en te weet dat jy alleen hierdie laaste stukkie tou so styf vasklem dat jou hande al bloei… en dan te besef dat jy alleen vashou aan hoop vir twee wat al lankal een is?

Is daar enigiets moeiliker as om in te gee en te laat gaan van jou hele wêreld; die een persoon waarvoor jy álles gee, énigiets bereid is en sal opoffer totdat jy nie meer is nie?

Ek wil nie.

Maar ek is moeg.

En ek weet ek kan nie meer alleen baklei vir iets wat hy nie wil hê nie.

Ek is net regtig te moeg om nog alleen te probeer. En dit maak my dood, want ek wil nie laat gaan nie. En ek wens so hy wil net vir ‘n oomblik voel soos wat ek voel.

5 thoughts on “Ek is net te moeg

  1. My persoonlike opinie: Ek dink jy moet dit anders-om doen, probeer voel soos wat hy voel oor die situasie, dink jouself dit in en doen dit en dan laat gaan jy soos hy lankal gemaak het. elke keer wanneer jy weer wil baklei, onthou hoe jy gevoel het toe jy hy was en laat los

    Liked by 1 person

  2. Sterkte, jong. Ek dink dit is ‘n vreeslike stryd om alleen te stry. En hoewel ek glo mens trou om getroud te bly, glo ek ook dat liefde nie so seer moet maak nie. Dis miskien waarom hulle sê laat los, as hy terugkom, is hy joune, as hy nie kom nie, wel dan moet mens seker dankbaar wees dat pyn iewers kan ophou sodat lewe deur kan kom? Terug kan kom?

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s