Klaar

Wanneer jy opgskryf is, voel of jy klaar asem gehaal het, wanneer nagmerries jou teister en jy besef dat jy eenvoudig net nooit goed genoeg gaan wees nie… nóóít nie… nie as ‘n vrou, vriendin of student nie…

Wat dan?

Dan huil jy saggies en aanhoudend in die bed terwyl niemand kyk of hoor nie. Wanneer niemand omgee nie. Jy voel hoe die dolk van on-wees in jou binneste draai. En jy wens jy kon die seer net stil maak. Vir altyd.

Wat dán?

8 thoughts on “Klaar

  1. Dan trek jy maar jou big-girl panties aan – verf jou lippe rooi en kyk die lewe stip in die oë. En met ‘n skietgebed na Bo vat jy die eerste tree – die eerste een van baie na heel word en self-liefde.

    Like

  2. Dan…staan jy op en haal asem. Dis sal eers sulke snakkies wees, maar dan sal dit oorgaan in langer teue totdat jy so diep asemhaal en die vars asem jou oorspoel met moed….en dan doen jy wat myseepkis sê…..dis ‘n komma in jou lewe…nog nie ‘n punt nie. Ons leef van komma na komma. Net God besluit wanneer is die punt se tyd.

    Liked by 1 person

  3. En as jy wakker word vir jouself en sien watter oulike, lieflike JY jy is, met ‘n hartjie wat soos ‘n see-anemoontjie na die verbygaande lewe gryp, so voel-voel. En wat jy nie weet nie is dat jy laaaankal goed genoeg is. Kosbaar. En as jy die heel enigste mensiekie op aarde was, dan sou daardie Een wat jou so innig liefhet, steeds nét vir jou kom sterf het dat jy by Hom kan woon. Vir lank en vir ewig. Hy het tot jou naampie in Sy handpalms gaan uitkerf. Omdat jy soveel meer as goed genoeg is.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s