Sy keuse

Ek het iemand baie naby my verloor, wat sy punt bereik. Knakpunt. Breekpunt. Eindpunt. Volpunt. Noem dit net wat jy wil. Hy is dood. Self besluit.

So baie mense praat mooi praatjies dat hy nou op ‘n beter plek is, dat hy van sy aardse seer verlos is, dat ons nie verstaan nie en dat daar nietemin ‘n plan en ‘n rede is. Dit maak dat ek wil skree op ieder en elk wat een van die simpel clishès, deur iemand iewers in ‘n oomblik van magiese wysheid opgedink en neergepen het, aan almal verkondig. Want NIKS maak saak nie en NIKS verander wat gebeur het nie. Ook nie mooi woorde of wysheid nie.

Die feit van die saak is dat mense soms net stop. Soms besluit mense om net te stop. Die ink droog op, die boek maak klaar en al leesteken wat oorbly, is maar net ‘n punt.

Ek haat die feit dat iemand waarna ek my hele lewe lank met soveel liefde en respek opgekyk het, wat my lewe en soveel mense om hom so beïnvloed het, so verryk het en so verander het, kon besluit op ‘n punt eerder as ‘n kommapunt. Dat iemand met soveel betekenis besluit het dat dit nou net moet stop. Dalk was sy las te groot en kon hy net nie meer die wêreld se probleme opspons, filtreer en fix nie.

Ek haat die feit dat iemand wat altyd daar was, nou weg is. Die leemte wat hy agterlaat is so groot. In almal wat hy agterlaat se lewe. Veral in sy kinders.

Op ‘n manier wens ek dat ek vir hom kon sê ek is bereid om sy plas bloed op die badkamervloer te ruil vir my strome trane. Want hy was te belangrik vir sy mense; hy was te belangrik vir sy kinders; sy naam dra soveel meer betekenis as wat myne ooit sou. Maar ek weet wat sy antwoord sou wees…

.

7 thoughts on “Sy keuse

  1. Ai. Alles wat jy sê is waar. Ons moet liewer swyg as dit by sulke dinge kom, maar dan is dit ook goed om te sê hoe jy haat hoe dit nou voel sonder hom. Wat gebeur het is so onnodig. Dit maak mens opstandig en laat jou só magteloos voel. Mag jy berusting kry. Ek bid nou vir jou. 💖

    Liked by 1 person

  2. Ongelukkig het elkeen op aarde ‘n “empty” nadat die “reserve” opgebruik is ~ wie die “klaar” met dit bepaal, hang van elke persoon af. Selfdood is ‘ n afgryslike ding en mense se woorde na die tyd is meer vir eie troos as vir die oorledene, sommige woorde word uit selfverwyt gespreek en ander uit groot verlies, ongelukkig weet net die persoon wat die woorde spreek sy doel daaragter. Ek voel jammer vir jou maar soos jy self sê, hy het sy punt hierop aarde bereik en niks wat ‘n ander sou wou doen sou dit beinvloed het nie, dalk op die beste net uitgestel het, maar afstel, nee ek twyfel 🤗

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s