Dis moeilik

Dis moeilik om groot te word, jouself ‘n volwassene te noem, en te weet hoe drome net daar is vir klein dogtertjies waarvoor die wêreld niks minder (of meer) as ‘n sprokie is nie.

Wat maak jy as jy wakker skrik en besef dat nie een van jou drome waar geword het nie?

Jy het dalk met jou prins getrou, maar hy wil nie meer met jou getroud wees nie. Want liefde is seker die grootste klug ooit. Dis net waar vir solank as ‘n mens dit voel, en hy voel nie meer soos wat hy doerietyd gevoel het nie, ongeag wat jy voel.

Jy het dalk gedink jy het jou droom werk, net om uit te vind dat hierdie pos ‘n hele paar hande vol nagmerrie-kollegas insluit. En ja, geen werk is perfek nie. Maar klippe kou laat my tande nou pyn.

Jy het dalk gedink jy offer alles vir jou familie op, omdat jy net so ongelooflik baie omgee. En dan, sommer net op ‘n gewone dag, vee jy jou oë uit en al die besluite wat jy vir hulle geneem het ten koste van jouself, het niks getel nie. Hulle sien dit nie eers raak nie; gee skaars om. As jy dit maar net jare gelede geweet het, dan was jou lewe dalk anders… dalk selfs jou sonsopkoms in ‘n verre land.

Jy het dalk gedink jy het familie in jou vriende gevind, en dan trek hulle een-een uit die land uit. Geleenthede wat hulle verdien het opgeduik. En jy mag nie vir hulle vies wees omdat hulle dit met albei hande aangryp nie, want hulle verdien die beste. Al breek jou hart stukkend onder al die trane wat jy in bravade terughou, omdat dit jou hoegenaamd nie meer insluit nie.

Jy het dalk planne gehad wat pienkvoete insluit… wat ‘n gelag uit jou maag en mal avonture insluit… gedagtes van veilig voel tussen jóú mense; jou éie mense.

Dis moeilik. En ek haat dit om myself ‘n volwassene te moet noem. Want drome droom is net lekker as jy dit met iemand kan deel, en my grootmenslewe is vrek alleen. Meeste van die tyd, in elk geval.

Advertisements

5 thoughts on “Dis moeilik

Lewer kommentaar op pengedagtes Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s