‘n Bang beheervraat en vertroue

Hoe weird is dit om wakker te word en met warm trane te verlang na Oups.

Ek mis hom. Ek wens hy was nog hier. Ek wens dit nou al vir amper 30 jaar. Hy was lief vir my en ek vir hom… my held, wat belowe het om my áltyd te beskerm…

Dit is vir my een van die moeilikste goed op aarde om mense te vertrou. Enigiemand. In my kop weet ek dat ek dit moet doen, of dit nou by die werk, met vriende of in my persoonlike lewe is. Maar dis so donners moeilik om die beheervraat in my stil te kry.

Ek neem aan dat dit nooit maklik sál wees nie; dalk selfs ook nie makliker sal word nie. As jy eers gewoond is daaraan dat jy die enigste een is wat vir jouself baklei en eintlik maar die enigste een is waarop jy werklik kan staat maak omdat jy net nie meer jou knieë flenters wil val omdat ander jou láát val nie, dan maak dit sin. Reg?

Maar wat as jy nie meer kan nie? Wat as jy op ‘n plek kom en bang raak? Wat as jy nie vir jouself kán opkom nie? Wie sal dit dan doen?

Oups, ek wens jy is net nooit weg nie.

Advertisements

4 thoughts on “‘n Bang beheervraat en vertroue

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s