Wiegelied

'n wiegelied is wat sy sing met reën en wind wat vrede bring 'n soete stem wat jou omvou waar in beton jy drome bou slaap sag geliefste word nou stil in drome maak ons nes ons wil ... in drome kan ons mekaar vind ... ... in drome word die angs weer stil ... … Lees meer Wiegelied

Kruispad-mens

Mense kruis my pad daagliks, maar sommiges laat 'n blywende indruk. Vir hierdie persone is ek dankbaar (understatement of the century). Jy was vir my van die eerste oomblikke af "onverwags". Soos 'n bui reën op 'n warm somersdag: só verfrissend, só welkom, só nodig.