Reality check

Soms suck die realiteit… of minstens, soms suck daardie oomblik wat die realiteit tot jou deurdring.

As ‘n mens dink jy is iets, maar eintlik is jy nog al die tyd niks… as daardie realiteit jou tref dan maak dit seer.

As ‘n mens begin dink jy is anders en dit actually begin glo, maar dan tref die werklikheid jou kliphard en seer tussen die oë dat jy eintlik net presies dieselfde as al die ander is, dan is dit asof die wind uit jou seile geslaan word. Jy voel lam. Rigtingloos. Sonder rede. Niks besonders nie.

Want sien, eintlik leef jy in ‘n droomwêreld as jy begin glo dat jy anders is. Eintlik is jy alles behalwe anders. As jy jou oë uitvee en mooi kyk deur ‘n skoon bril, en besef hoe naïef jy was, sal jy besef dat jy maar net gewoonweg jy in ‘n see van dieselfdes is.

Ek wens ek kon net een keer anders wees. Iets wees. Spesiaal wees.

Advertisements

9 thoughts on “Reality check

  1. Jy ís anders. Uniek. Besonders.
    Ja, daar is baie goed wat jy dieselfde as ander mense is, daar is baie goed wat jy dieselfde dink as ander. Jy maak selfs soms dieselfde foute as ander.
    Maar jy is uniek. Spesiaal.
    Gid maak nie duplikate nie. Nooit. Hy maak elke persoon uniek en spesiaal en ek belowe jou, daar is GEEN mens presies dueselfde as jy nie.
    Hoop jy het ‘n mooi dag. 😊

    Like

    • Ek voel ol die oomblik net dieselfde as al die ander en ek weet dis eintlik net as gevolg van hoe iemand my behandel. Dit is so half ‘n “disillusionment”, nadat ek gemaak voel is asof ek wel anders was. Ek weet nie regtig hoe om dit te verwoord nie. Dalk is dit net my eie ego wat gekrenk is met die realiasie dat ek eintlik nié net ‘n bietjie meer spesiaal is as wat ek altyd nog geglo het nie. En ek weet dit klink verskriklik “vain”; dis nie hoe ek dit bedoel nie.

      Liked by 1 person

      • Ek hoor jou gevoel. Dis okay. Mens mag soms so voel. Ek wou jou sommer ‘n bietjie oplig. Het ek kwaai geklink? Ekskuus. Ek het dit nie so bedoel nie.
        Mense kan ‘n mens soms so aftrek. Soms jan ons eie gedagtes ons laat minder spesiaal voel.
        Môre voel jy weer beter. ❤️

        Liked by 1 person

  2. Al wat ek vra is n minuut se dink oor wat ek volgende gaan met jou deel… Baie moeilikheid kom van n “special snowflake” wees. Die trick is dat jy uniek is, selfs al is jy n normale persoon. Niemand was, is of sal ooit soos jy wees nie. Ooit!

    En op daardie noot, ek weet party mense voel hulle moet spesiaal wees om eerbaar handteer te word. Dis twak! Almal het die reg om met eer en respek handteer te word. Selfs al is mens doodgewoon.

    Moenie vir een oomblik toelaat dat n skerminkel mens oneerbaar behandel nie! Want jy verdien respek.

    Vele sterkte, en warm groete
    Havoc

    Like

Lewer kommentaar op woestynkind Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s