Woorde wat Kerstyd minder laat suck

Ek het as kind van Kersfees gehou. Alles daaromtrent. Die geestelike deel, die kos, die saamwees, die geskenke (gee selfs meer as ontvang). Ek sou ‘n ou tak uit die tuin gaan haal en met Oums se skulpies en papier versier as daar nie ‘n kersboom was nie. Die tafel sou perfek en mooi gedek word.

Maar dit het verander. Alles behalwe die gee-deel, in elk geval.

Dis 4 dae voor Kersfees. Vandag voel ek so alleen dat ek wonder waarom ek bestaan. Ek is om een of ander rede so flippen bang vir die jaar wat kom; waarvoor ek nie kan weghardloop nie, al wil ek so graag; dat ek wens ek kon eerder maar net iewers in ‘n grot gaan wegkruip.

En dan… kort ná my erkenning dat ek Kersfees haat… onverwagte woorde waarvoor ek nie gevra het nie, maar wat nietemin my kant toe kom:

Ek wens ek kon jou styf vasdruk en vir jou sê ek dink jy maak Kersfees mooi. Jy maak die wêreld om jou mooi. Moenie dat iemand jou mooi wegneem nie.

Ek toe? Toe is ek in trane. Dit stroom sommer so. Maar trane beteken ek is nog nie so dood as wat ek voel nie. Trane beteken iets in my lewe nog.

Ek haal nog asem. En sulke mense met sulke woorde laat dié tyd darem ‘n bietjie minder suck.

Advertisements

5 thoughts on “Woorde wat Kerstyd minder laat suck

Lewer kommentaar op Tannie Frannie Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s