Desember-in-oënskou

Is dit net ek, of raak ʼn mens dié tyd net oorbewus van alles wat nie so heeltemal perfek is nie?

Waar ek hier kruisbeen op die mat sit en tik, besef ek: dis Desember. ʼn Hele jaar propvol nuwejaarsvoornemens is nié nagekom nie. My bene is steeds dik en my bobene se binnevet tril steeds as ek daaraan vat. My arms het nog steeds sulke belle wat wapper as ek vir iemand waai. Ek het nog steeds nie die kuns van perfekte oogomlyning bemeester nie en ook nie die guts bymekaargeskraap om te gaan vir permanente oogomlyning nie (ten spyte van my een vriendin se intense aanmoediging). My klere pas steeds nie by my werk of my ouderdom nie… tensy ‘professioneel en amper 38’ skielik in ʼn deurmekaar krulkop in jeans, T-hemp en óf tekkies óf sandale ontaard het. Ek het steeds nie klaar geswot nie, steeds nie ʼn storie geskryf nie en steeds nie die wêreld verander nie.

Ek dink ek irriteer soms (okay, dalk meer as soms) die mense om my, want ek het die wag voor my mond die trekpas gegee. Ek probeer om eerlik te wees. Ek probeer om wat ook al gebeur of nie, nie te oordink nie (SW se een groot les – ek wens hy sou dié lees en glimlag en weet ek het toe al die tyd tóg geluister). Wat ook al gebeur, ek probeer.

Hierdie was vir my ʼn verskriklike jaar. Een van ongehoorde desperate noodkrete en baie hartseer koebaais aan mense wat ek wens ek nooit voor koebaai hoef te gesê het nie; steeds wens hulle was nog in my lewe. Een van gebreekte beloftes, maar ook nuwes wat my hoop gee. Een van ‘ek wil nie regtig laat gaan nie’ en van verbete vashou aan wie ek dink ek dalk mag wees en dit waarin ek onlosmaaklik glo. Een van baklei – vir myself en teen myself. Een van drama, maar ook een waarin ek waarheid en eerlikheid ontdek het. Dit was ʼn jaar waarin ek meer as ooit vantevore bewus geword het van die kneusplekke in my siel en die feit dat dit nog so ver van genees af is. “Tyd maak alles reg” is inderdaad die mees ironiese uiting van ons tyd.

En met dié skryf ek al minder op my blog, want ek dink ek het myself nou uiteindelik begin vind.

Ek. Dromer. Probeerder. So onperfek as wat kan kom. Maar ek, nonetheless.

Die nuwejaar ontwyk ons nog, maar ek het hierdie een gedagte waarmee ek in my kop speel as voorneme:

Dalk moet ek haar beter leer ken. Die rabbedoe wat Oups doerietyd in my gesien het. Die meisie wat besluit het dit is ʼn mors van tyd om werklik groot te word. Die een wat briefies skryf en pen-pal speel en filosofies dog grappig kan dink. Die een wat daarvan droom om eendag werklik ʼn goeie mens te wees en die wêreld met net ʼn glimlag te kan verander. Die een wat sing terwyl sy kos maak en uit haar maag uit lag as sy haarself in die mikrogolfoond se refleksie sien dans op die maat van haar eie opgemaakte mix (nee, ek kan nie dans om my lewe te red nie). Maar ook die meisie wat verlang, wat droom, wat so hard probeer om te glo in ware vriende en onvoorwaardelike vriendskap… die vergewendheid van liefde en hoop… Want wie weet. Miskien was sy, after all, nooit regtig so bad nie.

 

Advertisements

11 thoughts on “Desember-in-oënskou

  1. Hierdie was vir my ook ‘n onderstebo jaar, maar een wat ek oorleef het al het dit partykeer maar broekskeur gegaan. Mag jy jouself vind, daai rabbedoe kind, mag jy die goeie onthou en die slegte laat gaan. Skryf as jy wil en omdat ons graag wil hoor, moenie es jy nie wil nie. Weet dat ons jou mis in blogland

    Liked by 1 person

  2. Gaan haal haar, sy is nie weg nie, sy is daar binne in jou en sy gaan so awesome en bly wees om jou weer te sien. Wat ‘n amazing manier om so jaar af te sluit- you never fail, you only learn🌻

    Like

  3. Mens wens die lewe was nie so deurmekaar nie ne? Ek vier maar die klein oorwinnings en probeer myself vergewe vir die flaters. Sterkte. Ek wil ook meer getrou weer begin blog. Het hierdie jaar bietjie swaar getrek en dan verlaat my woorde my.

    Like

Lewer kommentaar op strooimeisie Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s