As liefde nie genoeg is nie

Waar eindig liefde? Dis ‘n vraag wat oor en oor en sonder ophou deur my kop maal, en al dink ek eindeloos aan die vraag, het ek steeds nie ‘n antwoord nie.

Waar eindig liefde? Op watter punt is dit – liefde – net nie meer “genoeg” nie? En waar het voorwaardelikheid voor liefde begin plek inneem?

My hart breek in stukkies. Fyn en onherstelbaar, soos stof.

Ek het hom lief. Té lief. Soveel méér lief as wat ek myself nog ooit gehad het of ooit sal hê. Omdat hy dit so werd is!Maar al die liefde in die wêreld is net nie genoeg nie; is dit? Nes ek nie genoeg kan wees nie; nooit nie.

Ek behoort dit nou al te weet. As ‘n mens iets lank genoeg hoor, begin jy dit glo. Of dis wat die alwetende “hulle” mos sê. Die ding is, ek kry myself nie sover om dit te glo nie. Ek kry myself nie oortuig nie. Want hoe kan iets wat ek so met my hele alles so geglo het, eenvoudig vals wees? Hoe kan liefde dan te min wees?

Hoe kry ‘n mens jouself sover om te aanvaar wat iemand anders besluit het? Hoe kry ‘n mens dit reg om jou absolute vertroue en geloof in onvoorwaardelike liefde op te skort? Hoe tred mens terug in jou voetspore sodat jy net kan sien wáár jy gefouteer het, sodat jy dit kan probeer regmaak of kan probeer om dit die volgende keer te keer? Hoe kan ek net op ‘n manier probéér uitvind waar hierdie liefde opgehou het? Of waar kan ek uitvind hoe ek die bietjie wat ek nog in my het, net meer kan maak?

Die liefde het my gebreek. Die liefde, waarop en waarvoor ek nog altyd net gehoop en in geglo het.

Advertisements

One thought on “As liefde nie genoeg is nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s