Jok

Almal jok. Partykeer jok mense oor en oor, oor dinge wat regtig nie jokkingswaardig is nie.

Soms jok hulle omdat hulle wil, soms omdat hulle voel dat hulle nie anders kan nie, en soms omdat hulle dink dat ‘n halwe waarheid darem dit is — half waar. (Was dit Oups wat gesê het dat ‘n halwe waarheid so goed is soos ‘n volle leuen en dat halwe waarhede net ‘n leuenaar se gewete sus?)

Dis vir my vrek moeilik om mense te vertrou. Wanneer ek wél daardie treetjie gee, dan gee ek dit heelhartig. Ek trap oor daai afgrond soos ‘n adrenalienvraat en hou duim vas dat daar wel iewers onder ‘n net of ‘n groot opblaasmatras vir my wag.

Dikwels is daar net rotse onder.

Feit is, álmal jok. Maar soms is ook dit omdat hulle jou blykbaar nie wil seermaak nie. Dit vind jy egter eers uit ná jou hart met rots deurboor is, vér benede die afgrond.

Advertisements

3 thoughts on “Jok

  1. Jok is moeilik, jy moet onthou wat jou storie was en dan moet jy dit ook nog dieselfde hou. Met die gevolg dat die jokkery soos ‘n afwaartse spiraal warrelwind tornado word, wat almal insluk. En die ou in die middel van die jokkery? Op die ou end verswelg die tornado hom ook

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s