Besige bytjie

Ek het vandag een van die blouste blou Maandae ooit gehad.

Onvoltooide verslae het oor die naweek aangeteel op my kantoorrekenaar (waar kry ek kondome vir papierwerk?); kollegas wat tot op die laaste nippertjie wag om dit te doen waarvoor hulle betaal word en dan nie klaarkry nie het my humeur beproef (nee, ek het nog ‘n werk en sit nie agter tralies nie); opdragte wat van die bokant van die leer uitgebulder is, is moeitevol maar korrek en effektief afgehandel… Die dag was vol.

Ná ‘n lekker aandete (die enigste ete van die dag, tensy jy ‘n sonneblomsaad-beskuitjie en koppie koffie inreken wat ek sommer skuins oor een van die verslae geniet het) en ‘n glas rooi Pino voel ek hoe die moeg nog so half nukkerig aan my klou.

Vroegerig gaan slaap roep my. Vroegerig opstaan is my voorland. My werk vir die dag is nog nie klaar nie, maar ek kan voel dat ek hard gewerk het, dat ek produktief was. En dit gee aan hierdie doodse moegheid wat oor my gekom het tóg betekenis. Want ék het vandag iets gedoen. En dié gedagte is baie lekker!

Advertisements

9 thoughts on “Besige bytjie

Lewer kommentaar op Biltong & Pot-roast Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s