Ek en my man gaan skei

Hoe vertel jy vir iemand dat jy gaan skei? Waar begin jy? Wat sê jy? Wat sê jy nie? En wat doen jy wanneer hulle die vraag vra wat jy self nie eers opgewasse voel om self te vra nie, wat nog te sê antwoord.

Ek is ernstig. Ek het hulp hiermee nodig, want dit is iets wat ek nou gaan moet doen.

Hy wil skei en ek is te moeg om nee te sê. My kop is sat gedink; ek wil nie meer dink nie; oor hoe ek nou gaan maak en wat ek gaan doen… en wanneer. Watter meubels gaan ek vat, watter goeters in die kaste. Heimlik wens ek álles in my was net stil vir langer as net ‘n oomblik. Ek wens ek kon alles net permanent stilmaak en die vewerasie en seer net laat verdwyn. Heimlik voel ek ‘n veer en wens ek dat ek, meubel-en-goetersloos, net kon verdwyn. Vir altyd.

En ek voel soos die grootste sot op aarde. Ek het hom gekies bo alles. Hy het my nooit gevra om te kies nie, dit het net natuurlik gekom. Bo my familie, my werk, en bo die kinders wat ek nooit sal hê nie. En dit was okay, want ek het altyd vir myself gesê hy is al een wat ek ooit wil hê. Hy sal altyd daar wees. Hy is lief vir my en ek vir hom. En nou… niks.

So wat sê ‘n mens vir iemand om hulle te laat weet jy skei? Bloot net “ons gaan skei”, asof dit ‘n onbeplande vakansie is? En wat as hulle dan vra…?

Ons het uitmekaar gedryf. Clichè.

Hy het my verneuk. Waar, maar ek het hom al ‘n duisend keer vergewe.

Hy is moeg vir my. Ook waar, maar is ek regtig so boring?

Ons is nie meer lief vir mekaar nie. Net waar aan sy kant.

Hoe lank vat ‘n egskeiding? Want hy wil nie hê ons moet iemand vertel voor die saak nie afgehandel is nie. Te verstane… my ma sal vir ons wil bid en my tannie sal heilig skinder totdat almal weet, maar gelukkig ook vir ons bid. Ek wil sy wens respekteer, maar hoe gaan ek kan? Ek moet dit sê, want ek moet dit aanvaar en ek moet dit begin glo en weet.

Ek het vandag gehoor dit is regtig finaal verby. Hy het vandag besluit ons gaan skei. Die afspraak by ons prokureur is Woensdag. En dan moet ek dinge uitfigure. Alleen.

Ek en my man gaan skei.

En ek wens ek was nie so lief vir hom nie, want dit maak so onhanteerbaar seer. En ek weet dat ek Kersfees alleen gaan wees.

Ek en my man gaan skei.

En ek wens ek kon nou eerder vanloos wees, want ek haat my nooiensvan en ek is lief vir sy van. Maar dit gaan nie meer myne wees nie. Want ék gaan nie meer syne wees nie.

Ek en my man gaan skei.

Wanneer gaan ek dit kan tik sonder om te huil? Kom daar ooit ‘n tyd?

Ek en my man gaan skei.

Nee… dit voel steeds te seer om hardop te lees.

Ek en my man gaan skei.

Ek en my man gaan skei.

Ek en my man gaan skei.

Advertisements

15 thoughts on “Ek en my man gaan skei

  1. Ag my hart breek vir jou! Hierdie kom al ‘n lang pad. Ek is so jammer vir jou. Ek wens ek was daar om jou ‘n drukkie te gee.Ek het geen antwoorde op jou vrae nie, want ek was nog nooit in so ‘n situasie nie. Sterkte.

    Liked by 1 person

  2. Uiteindelik! Luister nou mooi vir hierdie ou tannie: 1. Jy is nooit alleen nie, want jy het jou eie geselskap en kosbare vriende. 2. Sy wens se voet! Hoekom moet jy in stilte hierdie lyding deurmaak? Praat met iemand, laat die hartseer en verwildering uitbloei, sodat jy kan begin heel word. 3. Eendag gaan jy omdraai en terugkyk en jouself so liggies op die skouer klop voordat jy terugdraai en jou eie vreugdevolle pad verder loop.

    Liked by 3 people

    • Liewe Tannie, ek waardeer die mooi woorde. Maar ook nie… hierdie is ‘n man waarvoor ek vir amper die helfte van my lewe liewer gehad het as die lewe self. Hy was (en is) steeds my keuse en sal dit bly tot die dag wat die hof dit anders beslis. Vir my is hierdie situasie allermins “uiteindelik”. Dis hartseer, dis rou, dis ontwrigtend, dis iets wat ek nie wil hê nie, dis niks lekker nie. Ek is bitter baie lief vir hom en sal dit áltyd wees. Selfs as ons skei. Hy was my eerste liefde… enigste liefde.

      Dankie dus vir die ondersteunende boodskap, maar respekteer asseblief die feit dat ek hierdie man gekies het en liefhet, en dat die einde daarvan vir my verskriklik hartseer is en iets wat ek wéns ek kon keer.

      Like

  3. Daar is geen antwoord of raad wat enige iemand kan gee nie, of hulle geskei is (steek my hand op) of was of nie. Daar is omstandinghede wat om en by dieselfde is, maar die mens binne jou, almal reageer anders. Ek is baie jammer oor jou seer en die groot besluit wat mens nie wil maak nie. Wat ek wel vir jou kan sê: dit gaan nou oor jou. Jy begin doen wat JY voel en wil doen. Dit is baie “shit” om te begin doen, maar dit is ook ongelooflik liberating. As jy iemand wil sê daarvan, dan doen jy dit, daar is geen regte of verkeerde manier nie, dis wat vir jou werk. Mense gaan hulle opinies hê, maak nie saak wat jy doen of sê nie. Al is dit elektronies, groot druk vir jou

    Liked by 2 people

  4. Ek is so jammer om dit te hoor, skei is so finaal. Maar aan die ander kant – hierdie kom ‘n baie lang pad en dalk is dit nodig om finaal aan te kan gaan. Jy is sterker as wat jy dink
    Oor die mense – jy sê hulle niks, dit het niks met hulle te doen nie. Vind 1 of 2 vertrouelinge met wie jy kan praat en basta met die res.

    Liked by 1 person

  5. Shit, sorry.

    Menz is ‘n groot voorstaander van “what should happen will happen to whom it’s supposed to when it’s supposed to”. Goed of sleg. Dalk is hierdie vir jou ‘n nuwe deur … maak hom oop en stap deur.

    Liked by 1 person

  6. Ai, ai. Soos my kinders sê, dit suck.
    Ek het nie vir jou woorde nie want ook ek was nognie daar nie. Dink aan jou en wens ons kon jou las help dra. Lyk my of jy maar Tannie Frannie se raad kan volg.
    Baie sterkte.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s