Die blaar en die stroom

Het jy al gesien hoe dit lyk as daar iets van jou af wegdryf op die water?

Ek onthou hoe ek eendag, ‘n leeftyd gelede, op ‘n rots so half in die rivier gesit het. Diep in gedagte, het ek gemaak asof droë blare bootjies was. Nadat ek dit versigtig op die water neergesit het, sou dit wegdryf so saam met die stroom tot waar ek nie eers meer kon sien nie.

Sonder om te dink, het ek ‘n blaar wat besonder mooi was – goudgeel en bloedrooi van die herfs – opgetel en ook op die water gesit. Soos al die ander, het dié ook weggedryf en nes dit begin wegdryf het, het ek besluit dat dit ‘n blaar is wat ek wil pars (ja, ek doen dit nog). Ek wou daardie vorm en kleure probeer vasvang. Dit hou, vir altyd.

Ek het vorentoe gebuk en die blaar na my toe terug probeer trek deur die rigting van die stroom met my hand te probeer verander en dit weer na my toe te laat spoel. Die blaar het net effentjies nader gespoel, en toe is dit weer meegesleur deur die stroom. Hoe harder ek probeer het en hoe meer ek gespartel het, hoe vinniger het die blaar begin wegdryf. Kort voor lank het ek besef, daar was geen manier waarop ek dié mooi blaar ooit weer sou kon terugkry nie.

Ek moes op my klip sit en kyk hoe ‘n pragtige blaar wegspoel en ek kon dit nie keer nie.

Ek dink vanaand aan daardie blaar.

Advertisements

7 thoughts on “Die blaar en die stroom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s