Die winter is hier

Is dit net ek wat dink dat die winter vanjaar skieliker as vorige jare hier is? Vinniger, vroeër en eensklaps baie koud.

Bome wat ‘n week gelede nog volgroen was, lyk kaal en geel. Ek het gister wasgoed gewas, en ten spyte daarvan dat ek vandag met ‘n trui én baadjie loop, het my bondel wasgoed hoofsaaklik uit koel moulose toppies bestaan. En ek sit met ‘n goor hoesie.

Die winter is skaars ‘n paar dae hier en ek mis reeds die somer.

Oums sou nou vir my gepreek het: “Die winter is nodig, want die koue maak die kieme en gorras dood en laat plante rus.” En slimgat hier sou dan baie aspris vra: “Nou wat dan van immergroen struike? En waarom kry ‘n mens dan griep in die winter as al die kieme doodgaan in die koue?”

Foto geleen van Pinterest

Soms wens ek dat ek ‘n immergroen struik was. Of ‘n bougainvillea met die helderste blomme. Altyd mooi, altyd groen, altyd reg. Maar ek is nie. Dalk moet ek myself eerder met ‘n plantaan vergelyk wat grootbek skadu gooi in die somer, maar dood en bleek lyk in die winter. Of ‘n alledaagse witstinkhout. ‘n Luisboom wat deur ons plaaslike munisipaliteit vertroetel en vertroos word waar dit as onkruid en indringer op al wat ‘n sypaadjie groei.

Ek weet nie werklik nie. Al wat ek weet is dit die winter hier is en dit suck om sonder warm arms om my te slaap in die aand.


Ek weet watter vrae nou gaan kom. Nee, ek weet nie of ons besig is om te skei nie en ek wil nie regtig op die oomblik vra nie. Ek is net regtig nie lus vir hierdie winter nie.

Advertisements

8 thoughts on “Die winter is hier

  1. Sien die positiewe raak: nou kan jy met warm flennie pajamas en kouse slap en nie een oomblik worry hoe dit lyk nie.
    Wintertyd is ‘n tyd om te besin, waarheen is jy op pad, wat wil jy regtig hê en ook om gesond te word. Jou hart tyd te gee om oor dit te kom. Baie sterkte, jy is waar ek laas jaar was

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s