Wat dan?

En toe tref dit my.

Ek het vier jaar van my lewe gemors. Eintlik meer… vyftien. Shit. Dis net-net minder as die helfte van my lewe.

Sedert 2003, toe ek hom ontmoet en kop verloor het, het ek gebou aan iets. My eerste droom, my eerste liefde, my eerste held. Die bouprojek is egter so vier jaar gelede gestop en ten spyte van vele pogings kon dit nie weer aan die gang kom nie. My skuld… ek het moeg geraak, ek was nie sterk genoeg nie, ek het ophou probeer. Ek… patetiese dromer; nooit doener.

Dit is ‘n gatslag. Dit is goor. Om ‘n droom waaraan jy jou lewe lank bestee net te sien verbrokkel. Dit is erger om te besef dat drome wat jy net gister nog gedroom het nooit gaan waar word nie.

Mense vra my soms hier op die blog waarom ek bly. En die antwoord was tot nou toe so eenvoudig. Ek is lief vir hom, nes hy is.

Of, tot nou toe was daardie antwoord eenvoudig. As dit tot jou deurdring dat hy nie dieselfde voel nie en te voel hoe jou hele projek, jou pragtige drome, jou hele lewe net inmekaar tuimel tot niks anders as ‘n hoop rubbish nie. Hoe sê mens jy is lief vir iemand as jy weet hy is nie meer lief vir jou nie? Dan is dit mos nie meer liefde nie. Dan is dit mos ‘n leuen.

Wat doen ‘n mens as jy uitvind jy volg nog al die tyd ‘n skaduwee, terwyl jy geglo het dit was jou ridder? Wat doen ‘n mens as jy besef jou drome was net onboubare lugkastele? Wat as jy alles omtrent jouself verander het omdat hy só daarvan sou hou… en dan is jy steeds nie goed genoeg nie? Wat as jy nou dit wat vir jou belangrik is, verloor, en jy kan net versteend staan en kyk?

Wat dan?

Ek neem aan die kontrakteur word gelikwideer en sy begrawe haarself in die stof van dit wat nooit meer gaan wees nie.

Advertisements

10 thoughts on “Wat dan?

  1. Hierts dis darem maar ‘n mes wat naby sny aan die been. Duidelik diep letsels sal agterbly. Jy het dalk meer geleer as wat jy besef. Jouself gevind, knip weg wat onnodig is en jou beker van geluk nie vul nie – gooi uit. Vrouens is soos katte, jy sál op jou voete land.

    Like

  2. Dis sleg wat gebeur het. Mens beleef soveel emosies. Een ding wat ek in my donker dae beleef het, is dat die wil om te leef, om nooit weer hier te kom waar jy nou is, baie sterker is as wat jy besef. Ons oumense sê dis skoolgeld. En mens betaal net skoolgeld vir ’n tydjie…. sterkte. Jy sal oorkom.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s