Die blaar en die stroom

Het jy al gesien hoe dit lyk as daar iets van jou af wegdryf op die water? Ek onthou hoe ek eendag, 'n leeftyd gelede, op 'n rots so half in die rivier gesit het. Diep in gedagte, het ek gemaak asof droë blare bootjies was. Nadat ek dit versigtig op die water neergesit het, … Lees verder Die blaar en die stroom

Advertisements

‘n Les van ‘n langpad-speletjie

Toegewikkel in 'n trui al skyn die son te lekker buite, met 'n hoesie wat skielik (weens spanning?) erger as laas week is, sit ek voor my rekenaar. Ek moet werk. Ek weet ek moet. Maar my gedagtes dryf elders rond en ek sukkel om te fokus op al die getikte dinge met sperdatums. Ek … Lees verder ‘n Les van ‘n langpad-speletjie

Verledetyd

Jy gooi 'n blik vol briefies weg wat ek vir jou geskryf het. My hartsbegeertes neergepen en in papier geïnk. Jy sê herinneringe's sleg van wat ons saam gedoen het. My drome leef verledetyd in jou hand nou net verbrokkel. Ek smag om vir jou 'n "ek is lief vir jou"-briefie te skryf, soos ek … Lees verder Verledetyd

Wat dan?

En toe tref dit my. Ek het vier jaar van my lewe gemors. Eintlik meer... vyftien. Shit. Dis net-net minder as die helfte van my lewe. Sedert 2003, toe ek hom ontmoet en kop verloor het, het ek gebou aan iets. My eerste droom, my eerste liefde, my eerste held. Die bouprojek is egter so … Lees verder Wat dan?