Die nagevolg

Ek wonder dikwels, maar vandag in die besonder, waarom dit so werk.

Jy droom van iets wat lank gelede gebeur het, heroorweeg jou optrede (of die gebrek daaraan) van doerietyd en laat daardie herinneringe prut in jou gedagtes. Kort voor lank het ‘n gewone herinnering ‘n nagmerrie geword en dit is net deur jou eie toedoen.

“Jy oordink dinge te veel. Hou op daarmee.” Raad wat ek al so hard probeer volg het; soms met sukses.

Maar regtig nou. Wat veroorsaak dat ‘n enkele droom of ‘n klein ou brokkie van ‘n herinnering jou hele dag kan opf…oeter? Waarom is daar soveel mag daarin?

Waarom het drome dikwels nils anders nie as ‘n lelike gemoedstoestand as nagevolg?

Advertisements

7 thoughts on “Die nagevolg

  1. Dis ‘n moeilike een. Mens moet egter daaraan werk en onthou die verlede is verby, die toekoms lê voor en vandag is hier, die enigste plek en tyd waaroor jy beheer het en die beste van kan maak. Moenie dit bederf met goed wat verby is en waaraan jy niks kan doen nie.

    Like

  2. Mmm ken ek nie daai soort drome nie. Maar die droom wat my huidiglik teister is die droom so weeknterug wat ek heeltyd gedroom het oor 2 Korinthiers 9 wat ek MOET gaan lees. Ek wonder nou nog want ek verstaan nie waarom ek oor en oor gedroom het ek moet dit lees nie. Want toe ek dit lees verstaan ek die rede van die droom nog minder.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s