Twee arms

Iemand anders se twee arms. Net hulle twee arms. Dit is ongelooflik wat dit alles kan doen.

Dit kan help deur allerhande goed op te tel, aan te dra, of selfs goed vir die korteres van ons aan te gee of weg te pak. Dit kan beskerm deur seermaakgoed te keer en aanvalle af te weer. Amper soos ‘n skild, dink ek.

Arms kan ‘n veilige vesting wees; ‘n plek waarin jy jouself kan gaan opkrul as die lewe goor raak en net weer kan luister na die wonder van ‘n hartklop en die mooi van asemhaling — al is dit net vir ‘n rukkie. Dis ‘n plek waar niemand alleen hoef te voel nie, rou snikke gesmoor kan word en trane kan val sonder dat dit veroordeel word. Wegkruipplek. Wegraakplek.

Arms kan sterk genoeg wees om seer te maak, te breek, stukkend te gooi. Maar ek dink dis eerder gemaak om te kan liefkoos en te bemin. Om iemand drukkies te gee en vas te hou en hulle te laat verstaan dat jy daar is. Om die persoon te laat weet dis okay; hulle mag maar vir ‘n rukkie in jou persoonlike ruimte inbeweeg vir so lank as wat jy hulle daar toelaat.

Arms hou ‘n mems warm as dit koud is. Dit kan jou probeer droog hou as dit reën en keer dat die wind waardevolle items opskep en wegwaai. Dit bied kalmte. Dit laat ons toe om ons harte ‘n bietjie nader aan mekaar te bring. Dit laat ons toe om mens te wees en weer mens te voel ten spyte van vandag se robot-lewe.

Arms. As dit aan die regte persoon behoort, is daar geen beter plek om te wees nie.

Advertisements

5 thoughts on “Twee arms

Lewer kommentaar op Positief Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s