Selfprofesie (?)

Hy het twee keer op dié manier spoke opgejaag om homself die nodige aandag en simpatie te kon toe-eien.

Ek was volgens sy stories ook al in ‘n ernstige motorongeluk… dalk moet ek dankbaar wees vir so ‘n stukkie nonsens oor my, want as gevolg daarvan het hy ‘n maand of so by die huis gekuier pleks van by een van die vele. Die sterwende dogter wat kastig in ICU is; al rede waarom hy by die huis was… want lewend sou sy nie werklik saak maak nie. Net sterwend. Toe bel die een en ek antwoord… Wat ‘n wonderwerk… En toe is sy skielik nie meer een nie…

Oor sy kankerstories het ek hom élke keer geglo; ek het élke keer daaroor gehuil; élke keer gebid en beloftes gemaak tot die God wat genees. Vir niks… want buiten vir ‘n storie was daar níks nie.

Maar dié keer is dit anders. Dié keer is dit dalk nie net vir aandag nie.

My hart trek in ‘n duisend rigtings; so ook my kop. En die waarheid is, ek voel te onseker oor hom om enigsins te reageer.

Het hy sy eie lot bespreek met die stories wat hy gepreek het? Is dit sy lot? Ek vermoed my ma sal my binnekort laat weet oor die uitslae van die toetse en my ook seker vertel hoe groot my aandeel daaraan is.

Doemprofeet
Selfprofeet
Dit het jy nou daarvan.
Jou woorde het jou lot bepaal
Want woorde’s sterk; dit kan.

Doemprofeet
Selfprofeet
Het jy ons nie gesê
Dat lewe-dood bepaal kan word
Soos jy dit self wil hê.

Doemprofeet
Selfprofeet
Ek weet nie waarom nou
Jou lewe’t amper oor begin
Gedink dit sou kon hou…

Doemprofeet
Selfprofeet
Is jy jammer? Ek is bang.
Maar eggo-eggo in my hart:
Jy’t dit al die pad geweet.

Het jy dit heeltyd nog beplan?

Nota: Ek is jammer as dit te hard klink. Ek is jammer as dit koud klink. Eintlik is ek net jammer, maar ek weet nie wat om daarmee te doen nie.

Advertisements

7 thoughts on “Selfprofesie (?)

Lewer kommentaar op Jakie Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s