Varsrivier

Ek was nog nie in my lewe bevoorreg genoeg om so iets eerstehands te kan sien en ervaar nie, maar dalk is dit nie ‘n slegte ding nie.

Waar ek hier sit en kyk na die video (klik op die woord om die skakel oop te maak en saam te kyk) – op Facebook gelaai deur iemand wat ek nie ken nie en wat ek seker ook nooit sal ontmoet nie – kan ek nie anders as om nat strepe oor my wange te voel vorm nie… Water maak my deesdae emosioneel, maar dis een ding waaroor ek nie omgee om emosioneel te raak nie. Dis ‘n emosionele saak vir baie mense. Veral nou.

Terug by die video… Dis die mooiste mooi om te sien hoe droë, dor sand in ‘n oomblik na ‘n gemaal van ‘n rivier verander. Dit maak ‘n mens bly en gee ‘n mens hoop, want waar kry ‘n mens tog ‘n meer konkrete bewys dat alles in ‘n kwessie van sekondes kan verander as met video’s soos hierdie!

Mag die reën val…

Droërivier word Varsrivier. Varsrivier word Grootrivier. Grootrivier bring lewe!

Advertisements

2 thoughts on “Varsrivier

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s