Stuur vir my ‘n poskaart

Ek is ‘n dromer. As klein rissiepit was ek ‘n suiwer dromer; vandag ‘n realistiese een. Tot dusver kon ek nog net droom van ver en onbekende lande, interessante kulture en mense waarvan ek meer wil leer. Ek was nog nie regtig met dié twee trappers van Suid-Afrika se grond af nie (Lesotho tel mos eintlik nie), maar ek wens nog altyd ek kon die onbekende eendag verken. Eendag, as ek groot is.

Daar is ‘n paar van my vriende wat weet van hierdie smagting van my om nuwe plekke en dinge te kan reis. As hulle maar net weet hoeveel ‘n kiekie van Oostenryk, Nieu-Zeeland en verskeie dele van Amerika vir my beteken! Ek hang behoorlik aan die lippe van vertellers oor hulle reise in Skotland en Londen… ek raak soms heeltemal weg in hulle woorde!

En nou, kort nadat ek van iemand uit Mumbai gehoor het, wonder ek skielik of dit te veel sou wees om dié kennisse en vriende te vra vir ‘n poskaart uit die vertes. Een wat die mooi geheime van daardie land verklap. Hulle hoef nie eers ‘n briefie by te skryf nie (hoewel ek dit baie sou waardeer en geniet); net my naam en adres en natuurlik sal hulle ook ‘n seël daarop moet plak. Dan sal ek vertrou dat die poskantoor die res sal doen en ek sal dink dis ‘n klein feestyd as daardie stukkie karton hier by my sy verskyning maak…

En dit sal nie net oor die vreemde vertes gaan nie. Dit sal ook beteken dat iemand in die vertes vir ‘n oomblik aan my gedink het… my siel sou vir ‘n paar milisekondes dalk dáár kon wees!

Eendag, as ek groot is.

Advertisements

5 thoughts on “Stuur vir my ‘n poskaart

  1. Doen dit net.
    Pak ‘n tas, klim op ‘n vliegtuig.
    Gaan eet ‘n baguette by ‘n straatkafee in Paris.
    Gaan drink ‘n bier by die Sherlock Holmes pub in London.
    Voor jy weer terugkom, gaan steek jy jou voete in die sand van Rio se Copacabana strand.
    Dan stuur jy vir ons poskaarte met eksotiese prentjies op….

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op strooimeisie Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s