Hop 2018 soos ‘n padda in

Nee. Nuwejaarsvoorneme is iets wat ek nie maak nie. Ek hou nie daarvan om myself vir myself oor ‘n kwessie van weke vies te maak as ek om een of ander rede nie by besluite bly nie. So verstaan sommer so vanuit die staanspoor dat dié g’n niks se ge-setting yourself up for disaster of a new year, a new you-dramatjies is nie.

Einde laasjaar hét ek egter besluit dat dit tyd is om werk te maak van my jellie-bobene (ek het nie geweet jellie kry ook haelskade nie), die vaatjie om my middel (want ‘n six pack is mos meer elegant, sê hulle) en die flappe onder my arms (want Kulula is vir vlieg… ek hoef nie in ‘n kite te verander nie). Ek het nog nooit gerook nie, die gawe glasie wyn elke af en toe pla niemand nie en gesonde eetgewoontes is reeds deel van my. So waarom nie begin oefen nie!

Die ding is, ek is allermins ‘n gym bunny en draf in die strate maak immers selfs die fiksste mens moeg, so eentonig is dit (behalwe as die bure se sample doberman uitkom en jou haakskene probeer kou). So ek het ‘n bietjie navorsing gaan doen en afgekom op ‘n baie oulike YouTube-kanaal met fantastiese oefenprogramme, genaamd Popsugar Fitness. Dit was vir my niks anders as ‘n oefen-openbaring nie.

Jy kan enigiets daar kry! Van strekoefeninge tot kardio-oefeninge of gefokusde siklus-tipe oefeninge wat hulle Tabata-programme gedoop het en wat jou harder sal laat hyg as die vreeslikste scenes in 50 shades. Jy het geen oefentoerusting nodig daarvoor nie (tensy jy dit wil gebruik; hulle het ook oefeninge waar jy balle, gewiggies en dinge kan gebruik). Ek vind die korter oefenprogramme besonder lekker. ‘n Mens moet net baie mooi luister en doen wat die instrukteurs sê… en behoorlik op- en afwarm, anders loop jy die volgende drie dae nes die heel eerste stokmannetjie wat jy in die kleuterskool geteken het.

Ek moet bieg – die oefeninge is soms uitdagend en die strekke/posisies interessant, om die minste te sê. Ek het darem net een of twee keer my balans verloor (dis nou per strek) en ek vermoed dat ‘n hoppende brulpadda in die modder meer grasieus lyk as ek… maar almal begin tog iewers, reg? En waarom nie die begin reeds effens uitdagend maak nie!

So… Môre doen ek dié klas… wie oefen saam?

Nee, dié was nie ‘n “gewone” Strooimeisie-inskrywing nie. Maar so what? Ek is opgewonde oor die oefeninge, dit laat my goed voel en ek deel dit graag hier ingeval iemand saam wil probeer. Dis mos my blog, so wê! 😂

Advertisements

7 thoughts on “Hop 2018 soos ‘n padda in

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s