Karoonag

Ek droom…

Ek wens ons kon daar wees vanaand. Ver; weggesteek tussen niks en nêrens in die groot ooptes van die Karoo.

Ek wens ek kon buite staan, in jou arms, en saam met jou verwonderd opkyk na die blinkste sterre in die land, terwyl die koel bries van die komende kouefront ons saggies omhels. Ek wens ek kon die diep, donker blink van jou oë op my voel en na jou kyk waar jy onsigbaar-naby my in die maanlig staan.

Jy. Hier. Nou. Bý my… by mý!

En dan, wens ek, ek kon jou stem naby my gesig voel en jou woorde wat in eenvoudige rouheid aan my hart trek: “Ek wil jou hê…”

Ek wens ek kon jou hand dan neem. Ek sou jou vingers vlindersag amper-soen, grootoog na jou opkyk en net ‘n oomblik langer in die volmaaktheid van ons twee se saamheid in die sterrelig staan… en jou dan stilweg teruglei na ‘n verlate huisie net ‘n paar treë weg. Daar, waar die kaggel reeds uitnodigend brand. Daar, waar ons onsself in mekaar sal verloor, net om die hele nag nakend-warm en onversadigbaar sáám te kon deurbring. Dáár, waar ons mekaar keer op keer opnuut sal vind.

Advertisements

7 thoughts on “Karoonag

Lewer kommentaar op Hier "blok" Ek! Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s