‘n Storie sonder naam 1

Ek is van mening dat ek eintlik nié kan skryf nie, maar ek wil baie graag leer. Soos een van daardie arme wooden mic wenners op Idols wat nie eers noot kan hou nie, maar inskryf vir ‘n sang kompetisie! Ek droom…

So, in ‘n poging om iets te probeer en te leer én weer vir ‘n slag aan my blog aandag te gee, het ek so pas gedink om ‘n storie hier te begin skryf. Die storie wat nog naamloos is (get it…?) en wat sal verwikkel namate dit verloop. Totaal fiktief. Maar iets. Net ‘n probeerslag. ‘n Leergeleentheid. Wat dink julle?

Raait… Hier begin dit… Net ‘n kort stukkie vir eers (die dag was wreed en ongenaakbaar).

Terwyl sagte, glansende borrels haar lyf bedek en spierwit stoom haar omarm, dink sy aan hom. Hier, waar sy ver in ‘n hotel in niemandsland sit. Ver. Ver van alles. Ver van hom…

Die sagte instrumentale kitaarmusiek en glas koue wit was veronderstel om haar te kalmeer en te laat ontspan in die bad. Die dag was te lank en dit is nou maar Dinsdag. Maar nou dat sy teruglê, het haar kop vir die eerste keer in ‘n leeftyd weer vir ‘n slag stil geword. Sy hét afgeskakel. Maar ook nie. Terwyl alle ander gedagtes stil is, is daar één wat nie wil wyk nie. Één wat konstant in haar kop draai. Één wat eintlik meer fantasie as gedagte is.

Hy. Die skim. Haar diepste, onnoembare, rouste begeerte.

Sy kyk na haar foon se skerm wat op die rand van die bad lê en weerstaan die skielike drang om hom te kontak. Eintlik wil sy hom bel. Nog meer, video-call. Selfs meer… híér hê.

Maar dis net ‘n wens.

Sy lê weer terug en probeer ontspan.

Word vervolg…

 

 

Advertisements

9 thoughts on “‘n Storie sonder naam 1

  1. Strooi, jy kan skryf man! Gaan na Facebook en sluit aan by SA Skrywers en dan by die Afrondings blad. Daar is mense wat jou help met jou stories, raad gee en soos jy weet…selfs dit in boeke publiseer. Moenie bang wees nie, vat ‘n kans soos met jou gedig. Dalk pronk Strooimeisie weer in ‘n boek

    Liked by 2 people

    • Liewe jy, ek het reeds by SA Stories aangesluit, maar is ‘n bietjie dom met die res. Ek gaan egter verseker kyk vir die Afrondingsblad. Vaagweg verbeel ek my dat ek wel al daarvan gehoor het, maar ek het nooit verder uitgevind nie. Nou is die tyd, né!

      Like

      • Ja man en gaan kyk na Skryfgeheime van Janie Oosthuizen. Ek het “klas geloop” (per epos) by haar en dit het my flippen baie gehelp. Dit was haar idee dat ek ‘n blog begin om my styl te oefen. Jy het mos daai droom van skryf, nou is die tyd om hom te jaag en te vang

        Like

Lewer kommentaar op strooimeisie Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s