Wat ‘n week!

Gebeur dit net een keer in ‘n mens se lewe wat jy ‘n glimps kry van die pos waaroor jy vir so lank as wat jy kan onthou al droom? As dit die geval is – ek het my oomblik dié week gehad.

Dit was niks anders as ‘n hengse groot verrassing vir my toe ek so wrintiewaar die kortlys gehaal het nie. Die onderhoud was lekker (hoewel Skype dit glad nie vir my doen nie) en vir ‘n kort rukkie kon ek amper ruik en proe hoe dit sou voel om by een van die voorste uitgewers in Suid-Afrika te kon werk… Helder drome het my blinkoog laat wakker word in die oggend…

Die pos self bly egter steeds vir my ‘n droom. Dit was my nie beskore nie. Maar dié Strooimeisie skrik nie sommer nie. Dié Strooimeisie droom groot. En dié Strooimeisie het besluit dat dié droom dalk tog maar eendag nog bewaarheid moet word!

Advertisements

10 thoughts on “Wat ‘n week!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s