Kaapstad

Ná ‘n onlangse blitsbesoek aan die Kaap, het ek opnuut besef dat my wêreld tog so klein is. Té klein, dalk.

Dit was my tweede keer in die stad. Besige plekke met baie karre en hoë geboue maak my gewoonlik bang en op my senuwees. Maar hier? Ander storie.

Ek is betower deur hierdie stad… hierdie plek… die asemrowende natuurskoon van berge, tuine en see wat die beton-en-glas-koekerasie van kulture, tale en mense omring.

Opnuut het ek besef dat my wêreld en verwysingsraamwerk gans en al te klein is. Ek brand om te reis; te verken… en al was dié net die Kaap, droom ek van soveel meer.

Ek begeer om af te dwaal van al die bekende paadjies vol Woolies kos en kommersiële produkte en ‘n koue skouer te gooi oor stories van die onveilige stad (hoewel ek wéét dat ek altyd maar versigtig moet wees). Ek wil markkos en straatkos proe, goeie koffie en bier van plaaslike brouerye.

Daar is iets wat ek in Kaapstad ontdek het, wat ek nie geweet het bestaan nie. Andersgeid. Waaghalsigheid. Nuuskierigheid. Dalk ‘n stukkie van myself, wat ek nooit geweet het bestaan nie… of waarvan ek heeltemal vergeet het.

Die Kaap gaan my weer sien. En ek gaan die Kaap weer sien.

Advertisements

4 thoughts on “Kaapstad

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s