Boekwurm

Ek hou van boeke.

Toe ek op skool was, het ek alewig weggeskram van mense af. As iemand my sou soek, sou ek iewers onder ‘n koelteboom of in my kamer gesit en boek lees het. Dit was vir my nie onmoontlik om myself heeltemal van dié wêreld te laat ontsnap en weg te raak in ‘n boek nie. Inteendeel. Dit was amper makliker as asemhaal om die heldin in ‘n speurverhaal te word… die rissiepit wat nie ‘n man nodig het nie… die jong vrou wat beheer oor haar lewe en werk neem…

Somtyds, as die boek regtig goed was (en die meeste was), sou ek ná skool nie eers my middagete by die kombuistafel klaar geëet het nie, want die boek wag. My huiswerk sou daardie week in pouses en oop periodes gedoen geword het, want die boek wag. En as dit ‘n besondere goeie boek was wat deur toets- en eksamentyd ontwrig was, was dit vir my ‘n ewige stryd om te fokus op my leerwerk. Ek het dikwels boeke in my groot Biologie-handboek weggesteek en aandagtig gesit en “leer”. Net een keer het Oums my uitgevang; en ook maar net omdat die storieboek uitgegly het. En dit was nogal in my matriekjaar!

Ek het my liefde vir boeke van my Oups gekry. My smaak van my Oums. Saam het hulle my deur stories geleer dat ‘n mens altyd moet droom en nooit mag moed verloor nie, want iewers sál dinge uitwerk binne die bladsye van die boek.

Of dit nou Oups se laataand lees uit Jakkal en Wolf-stories was, Oums se Tryna du Toit en haar beskrywings van Karoolandskappe, of een van Oups se honderde speurverhale – daar was altyd iets wat ek uit ‘n storieboek kon leer. Die karakters was my vriende. Die ruimtes waarbinne die stories afgespeel het, my speelplek.

Ek het lanklaas ‘n storieboek gelees* en ek mis dit. My eie aandagafleibaarheid en skuldgevoel omdat ek nie werk nie, help egter nie. Is dit deel van volwassenheid dat boeklees niks anders ‘n luxery is nie? Ja? In daardie geval dink ek dit us hoogtyd dat ek myself vir ‘n slag bederf.


Voetnota:

*Jammer, André. Ek gaan binnekort ‘n plan maak, want dis nou regtig tyd!

Advertisements

7 thoughts on “Boekwurm

  1. Ek ly aan dieselfde sindroom – ek moet lees. Met die tyd wat so min is, het ek my gewend na audioboeke, want dan kan ek “lees” wanneer ek skottelgoed was of in ‘n vliegtuig sit. Meesal luister ek in die nag in my bed wanneer ek nie kan slaap nie.

    Like

Lewer kommentaar op Stories Uit My Wereld Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s