‘n Eerbare mens

Ek het dit ‘n rukkie terug al geskryf, maar nooit gepubliseer nie. Stelselmatig wil ek begin klaar maak waarmee ek begin het…

“Vertrou my.”

Dis seker twee van die algemeenste woorde wat ‘n mens kry. Dis maklik, eenvoudig, dit klink mooi, en almal sê dit. Spanboukampe word daarop gebaseer, silwerskermfilms word met mooi draaie en swaaie daarom geskryf en jong naïewe bloedjies kyk met sterre in hulle oë na mense wat dit met genoeg emosie vir hulle sê. Om die waarheid te sê, hierdie woorde is vir sommige mense makliker om te sê as om asem te haal. Tog is dit maklik om net te praat.

Ek is grootgemaak met die beginsel dat alle beloftes swaar skuld is en dat enige persoon net so goed is soos sy of haar woord. Jou woord ís jou eer, het Oups my geleer. As jy nie by jou woord hou nie, is jy nie eerbaar nie en dan verdien jy nie werklik respek nie. En dit is iets wat ek steeds probeer onderhou; selfs in ‘n tyd waar woorde dikwels net leeg, onpersoonlik en niksseggend geword het. Mý woord is mý eer.

Dit is ook die rede waarom ek versigtig is wanneer dit kom by “bedekte beloftes” wat oor my lippe spoel. Jy weet… goed soos “ek is jou vriendin”, “ek gee om vir jou”, “ek is lief vir jou” en “vertrou my” impliseer ‘n groot belofte van omgee waarvan min mense regtig bewus is. Dit skep die indruk dat jy ‘n sekere plek in iemand anders se lewe aanvaar en dat daardie persoon kan staatmaak op jou om as vriendin, steunpilaar, liefgenoot (ja, dis my nuutskepping), vertroueling… en as jy dan nie in daardie posisie waarin jy eintlik maar jouself beskikbaar gestel het nie, dan het jy in effek ‘n belofte gebreek.

Dit vat guts om te erken dat jy genoeg omgee vir iemand om te sê hulle kan jou vertrou, dat jy lief is vir hulle of dat jy ‘n vriend of vriendin wil wees. Dit vat meer guts om dit in woorde te stel. Maar dit stop nie net daar nie. Dit vat ‘n wilsbesluit en toewyding om dit wat jy sê, uit te voer en jou belofte te hou. Selfs al was dit nie regtig ‘n belofte nie; net ‘n implikasie.

Advertisements

3 thoughts on “‘n Eerbare mens

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s