Splinter

Geïnspireer deur ‘n houtwerk-liefhebber.

Oups was nie groot op houtwerk nie. Hy kon sweis en bou en alles, maar houtwerk is een ding waarmee hy nie goed was nie. Net as hy regtig geen keuse gehad het nie, sou hy houtwerk doen; en daarby sluit ek ook maar net deure hang en kaste regmaak in. Hy het dalk een of twee keer probeer om ‘n lendelam hoenderhok (daardie hout rakkies) reg te maak. Niks meer nie. En as hy wel met hout gewerk het, hét hy daarna gekla. Ek kan verstaan waarom…

Splinters. Geniepsige klein boggers wat in jou vingers, hande en selfs in jou arms insteek en die lewende hel uit jou irriteer. Handskoene kan hulle nie keer nie. Ander hout en skerper gereedskap maak hulle nie minder nie. As jy houtwerk wil doen, sál daar splinters wees en dit is ‘n amperse gegewe dat jy na die tyd (dalk nog lank ná die tyd) jou alie af sal sukkel met ‘n skerp ou naald om hulle uit jou vleis uit te grou.

Houtwerkliefhebbers haat hulle ook, maar hulle mag nie. Dit is immers deel van hulle werk, hulle passie… En as iets deel is van dit wat jy geniet en waarvoor jy lief is, kán jy dit mos nie haat nie!

Nietemin bly ‘n splinter ‘n bogger.

Daar het vandag ‘n splinter in my siel gesteek. Een wat nogal seermaak. ‘n Gedagte aan dinge wat lank terug gebeur het, het vandag op ‘n manier herhaal en dit het my laat besef dat ek nie seker is of ek meer lus is vir my “houtwerk” nie. Ek is moeg vir dié soort splinters. En hierdie splinter maak hierdie keer eenvoudig net te seer.

Dit is goor dat ietsie só klein ‘n mens se hele dag só kan omkeer. ‘n Nietige splinter. Deel van dit wat jy geniet. Deel van dit wat jy liefhet.

Nietemin. ‘n Splinter bly ‘n splinter.

Advertisements

5 thoughts on “Splinter

  1. Weet jy ek het baie splinters al gehad, houtes en anderes. Eenkeer gedink dis ‘n splinter en toe ek so krap en grou agtergekom, dis meer soos ‘n hele hout. Partykeer kry ons splinters om ons te herinner dat daai vinger waar die splinter in is, baie belangrik is (al is dit die pinkie aan ons dom hand). Sterkte met die grou, uithaal- of uitsweerproses

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s