Seegesang

‘n Droom oor ‘n oggend teen die kus… 

In my drome sien ek jou, waar jy diep in gedagte in die blou gloed van die vooroggend staan. Daar, voor ‘n oop venster wat op die see uitkyk en waar die geluid van brekende branders en vars seesproei heelnag lank by die kamer ingespoel het.

Ek talm tussen slaap en wakker. Daardie heerlikheid van slaap wat ek gewoonlik so aanloklik vind, kom egter nie naby die heerlikheid van die gesig voor my nie: jou mooi rug wat na my gekeer is, jou linker arm gemaklik langs jou sy, jou boude, jou mooi gevormde skouers en sterk arm wat prominent in die maanlig vertoon terwyl jy die gordyn oopgetrek hou sodat die lig perfek op jou kaal lyf kan val. In die maanlig sien ek net ‘n effense teken van jou mooi kakebeen en kort baard. Jy is ‘n mooi man…

Terwyl ek my oë skrefies trek in ‘n poging om duideliker te kan sien, lê ek steeds stil tussen ‘n deurmekaar gemaal van wit lakens en ‘n vreemd-bekende reuk. Ek is te bang om te beweeg, want dalk word ek dan wakker. Dalk verdwyn die reuk en beeld van jou…

Die sagte geritsel van die lakens, terwyl ek amper onwillekeurig my hand oplig om my oë te vryf, laat jou effens omkyk en ek sien hoe die maanlig sag en vol op jou rug val. Daardie rug, wat ek nou reeds ken. Mooi en selfs aantrekliker as gewoonlik, nou hier in die nag se skynsel. Ek kan jou oë nie sien en jou gesig nie peil nie, maar ek kan voel hoe daardie donker dieptes my dophou.

Terwyl ek versigtig opstaan en half selfbewus die koel laken voor my kaal lyf vasklem, is jy stil. Jou oë verlaat my egter nie vir ‘n oomblik nie, totdat ek skuins agter jou gaan staan en my hand op jou skouer sit.

Daar is geen woorde nodig wanneer jy opstaan en na my draai nie. Daardie bekende glans in jou oë verwoord jou begeerte beter as wat woorde ooit sou kon. Jou glimlag is liefkosend; waarderend… terwyl jy my nader aan jou vastrek en my baie sag soen. Innig. Liefdevol. Begeertevol.

Dan trek jy terug en ek voel hoe my bene wil-wil ingee onder my… jou stem…!

“Ek dink jy is ‘n bietjie over-dressed…?”

Jy neem die hand wat steeds skaam die laken onder my keel vasklem in joune en trek dit stadig na my sy toe, sodat niks anders nie as net die blou gloed van die amper-oggend my ook bedek. Die amper onhoorbare kreun wat jou keel verlaat, laat my my ken lig sodat ek jou vol in die oë kyk. Hoe kan dit wees dat daardie blote kreun van goedkeuring my selfvertroue só kan versterk?

Ek staan kaal voor jou. En dit is goed.

My lyf is ‘n sagte pastel van melkwit, wat jou staar gretig verwelkom en jou honger vererger, terwyl jy my met jou oë inneem: my wilde lokke… my nek, waar tekens van jou baard en soene steeds sigbaar brand… my borste wat jou hande perfek vul… die kurwes van my maag en heupe…

Terwyl jou vingerpunte liggies volg waar jou oë wandel, tree ek terug en jy kyk vraend na my. Maar dan volg jy my terug na waar ek net ‘n kort rukkie gelede nog rustig in jou arms was. Daar, waar jy weet jy my wéér sal kan neerlê; oopsprei; opnuut kan verken en ontdek; moontlik sou kon verslind… waar jy my kan proe en vertroetel en liefkoos soos wat ons albei dit begeer. Daar waar jy my kan neem en joune kan maak; sagter as die seebries en wilder as die golwe wat met geweld teen die rotse breek. Dáár waar die monsters in jou gedagtes stil kan word… dáár waar ons albei veilig is… dáár waar alles vir net ‘n oomblik net ‘n klein bietjie beter as perfek is.

Advertisements

6 thoughts on “Seegesang

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s