Vanaand

Ek wens vir soveel dinge, maar vanaand wens ek so hard vir iets anders as bangheid; onsekerheid.

Ek wens jy kon my net vashou… Sonder dat jy nodig het om ‘n woord te sê, wens ek dat ek kon opkrul in jou arms, teen jou bors en net so saam met jou kon wees. Ek wens dat jy my kon vashou en nié sou los nie; nooit nie; selfs al plof die kussing vol nat kolle en al lag ek nie. Selfs al knyp ek snikke so vasberade terug dat my lyf daarvan ruk, want ek wil jou nie laat omdraai nie.

Vanaand wens ek nie vir vertes en betowerings nie. Ek wens vir nabyheid en egtheid. Ek wens vir jou hartklop en die ritme van jou sustende asemhaling wat my tot ruste sal bring. Ek wens vir jou arms om my; die veiligheid eerder as die vertroosting wat ek daarin vind. En ek wens dat jy my stýwer sal vashou as jy voel hoe my kop weer aanskakel… dat jy my vir ‘n oomblik langer sal terughou… sal weerhou… sal beskerm van al die spoke in my eie gedagtes.

Vanaand kán ek nie anders nie. Vanaand wíl ek nie anders nie. Vanaand wéns ek net vir ‘n oomblik, en net weer vir jou.

Advertisements

5 thoughts on “Vanaand

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s