Die kakspul in my kop

Dis een van daai dae. En dit suck om so te voel.

Dis ‘n kakspul as jy een oggend wakker word en dit het uiteindelik ingesink:

Dit help nie meer nie. Jy beteken niks nie. Jy het die een persoon wat vir jou die wêreld beteken, se lewe net so goed opgefok soos wat jy joune opgefok het omdat jy stupid en goedgelowig genoeg was om te glo in die toekoms… saam. Al het hy belowe hy is lief vir jou, gee om, wil by jou wees en is gelukkig… jy was einlik niks anders as ‘n naïewe idioot om elke woord te glo. Dis 15 jaar lank al, wat jy vashou aan liefde wat hy nooit gehad het nie, hoop wat nooit bestaan het nie, iemand wat jou nooit wou gehad het nie.

Vir wat?

Sodat jy eendag kan wakker word, kan besef jy het en is eintlik regtig niks nie, besef jy verdien selfs minder. Sodat jy bewus kan word dat niemand dalk eers sal weet jy is weg nie en jou beslis ook nie werklik sal mis nie… totdat hulle iets nodig het… as hulle ooit weer iets nodig het. Sodat jy een Sondagoggend in die bed kan lê en dink oor jou lewe en kan wens dat jy eerder drie jaar gelede deurgedruk en die “melk” gesluk het, toe jy die guts gehad het om alles wat seermaak en goor is net te laat eindig. Dis seer om te wonder waarom jy daarteen besluit het en geen antwoord te kry nie. Want let’s face it – watter verskil sou dit gemaak het of jy bestaan of nie?

Ek begeer om nie meer te wees nie. Ek wens ek was nooit nie. Op die oomblik het ek net nie die lus om eers meer meer iets daaromtrent te doen nie.

Ek is niks meer en niks minder as Jan Sebastian Rabie se robotvrou in een van sy kortverhale nie. Op die oomblik hou ek net aan beweeg en ek maak geraas. Maar vir hoe lank gaan dit nog iets beteken?

Advertisements

11 thoughts on “Die kakspul in my kop

  1. Nee o aarde! Diep binnekant jou moet daar nou, saam met my en baie ander, ‘n klompie bloedselle opspring en skeeu: “Vroumens, jy weet mos nou dat jy die grootste spul bollie praat!”. Kyk, toegegee, die lewe slinger deurentyd allerhande gemors na ons – verswelg ons selfs met tsunami’s in allerhande vorms (vra my, ek weet!). Dit is die gang van die lewe en so dikwels voel ons oorweldig daardeur en voel of ons nooooit hierdeur gaan kom nie. Jy is egter so ‘n geliefde meisie met so baie (ander) mense wat opreg vir jou omgee (ek is maar een van hulle) dat jy nooit baie ver van ‘n druk, ‘n bemoedigende hand enliefde af sal wees nie. Moenie terugkuk nie. Lig daai ken, wys die vuur van ‘n pragtige rooikop en wys van watter stoffasie jy gemaak is. As daar nou een mens is in wie ek baie vertroue het, dan is dit jy! Ons is BAIE lief vir jou en gaan jou deur hierdie krisis dra. Jy is in my gebede, liewe mens!

    Liked by 1 person

  2. Jy voel dalk waardeloos en stupid vir een ou. Maar ek weet daar is baie mense vir wie jy baie waardevol is. Mense wat graag in jou teenwoordigheid wil wees. En verder is jy ‘n pragtige, talentvolle mens wat uitstekend skryf.
    Probeer dink aan een mens wat vir jou baie lief is, een mens wat jou vandag sal omarm en opbeur. Bel daai mens.
    Want jy is waardevol en ‘n kosbare skepping van die Lewende God.
    Ek weet dis vandag vir jou baie moeilik. Jy voel verwerp. Maar weet dat daar regtig mense is wat baie lief is vir jou.

    Liked by 1 person

  3. Dit is baie pynvol om te weet die persoon vir wie jy lief is voel nie dieselfde nie. Dit vat tyd en moed en moeite om ‘n lewe sonder hom te bou. Ek hoop jy vertrou iemand wat in jou glo om hierdie pynvolle pad saammet jou te stap.

    Like

  4. Jy beteken die wêreld vir my en ek ken jou nie. Lig op jou kop, glo in jouself en druk deur. Jy weet hierdie kak kan jou net opfok as jy dit toelaat. Jy is meer as net ‘n man se vrou. Jy is ‘n mens in eie reg en geregtig op geluk. Soek dit, kry dit. Ek sal jou mis BAIE

    Liked by 1 person

  5. Ek dink nie my taal is geskik om hier neer te tik nie, nog minder dink ek dat `n sekere persoon die waarde is om iets oor te sê! Ek was waar jy nou is, net vir ander redes en glo jy my, die lewe is meer werd met jou in dit as wat jy dink. Jy beteken so baie vir nie net jou hartsmense nie maar ook vreemdelinge wie jou nog nie eens ontmoet het nie. Ek weet jy sal hierdeur kom en diep binne my wens ek jy beweeg aan want jy het nie nodig vir so baie seer keer kry…maar dis net my opinie. Drukkies van vêr af!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s