Protea reblog

‘n Uittreksel van ‘n ou blog; een wat my diepste wense en wese seker die beste saamvat. Veral vanaand, wanneer ek voel hoe ek weer uitrafel en twyfel in myself en my keuses:

As ek kon kies, sou ek graag jou protea wou wees, my lief. Soos wat ek tien jaar gelede proteas vir ons troudag gekies het, wil ek vra dat jy my as jou protea kies.

Nie ‘n roos nie. Rose het dorings wat die uiters delikate blom en latere vrug beskerm, maar hulle beskerm deur seer te maak en ek wil nie meer seermaak nie.

Ek wil nie ‘n lelie wees nie. Al ruik hulle lekker en is hulle pragtig, vrek hulle as dit koud word en verlep hulle as dit te warm word… buitendien wil ek langer as net ‘n paar dae hou.

So asseblief; maak my jou protea. Want ek is sterk. Want ek het in myself sterk geword as gevolg van my lewe; my keuses; my omstandighede; myself.

Jy weet ek het gegroei in stormagtige toestande wat ek soms self veroorsaak het; soms nooit wou hê nie. Soms het die kouefronte van die lewe reën en sneeu my pad langs laat kom wat my amper laat vrek het. Soms het die hitte van die lewe se somer en brandseisoen my tot amper niks geskroei en ek moes oor begin; voor begin; nuut begin; weer groei.

Ek het nie altyd die regte besluite gemaak nie. Hemel weet – ek het al baie droog gemaak en die laaste paar seisoene het ek nie eers geblom nie. Sommige mense mag dink ek is hard, maar jy weet ek is ook sag. Jy ken die sagpienk van my hart en die uniekheid van my siel.

Jy weet ek het nie dorings nie; bloot omdat ek nie met dorings gemaak is nie. En jy ken my – die hardkoppige rabbedoe wat nie sal toelaat dat my omstandighede my laat verwelk en verlep nie; nie binne ‘n paar dae nie, in elk geval! Ek sal uithou… aanhou… selfs as ek afgeknip en verplaas word as ‘n snyblom in ‘n huis… ek sal hóú. Nie omdat ek dit noodwendig kies nie (alhoewel dit ook my keuse is), maar eenvoudig omdat dit is wie ek is. Net so. Ek kan nie anders nie.

Laat my toe om my wortels in jou lewe te vestig, ‘seblief, en ek sal groei en die mooiste blomme blom; selfs in die kaalste skeure van jou hart.

Mag ek dit wees? Asseblief? Jou keuse… jou protea.

Advertisements

One thought on “Protea reblog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s