Onvriendskap

Dit is moeilik om ‘n vriend vir iemand te wees as jy wéét jy is eintlik net ‘n pion in daardie persoon se lewe; net daar om rondgeskuif te word wanneer dit húlle pas en gebruik te word wanneer niemand anders beskikbaar is nie. Of is dit dalk eerder “misbruik”?

Dis sleg om werklik om te gee en dan, skielik op ‘n dag tot die besef te kom dat jy ál een tussen julle twee is wat omgee; wat dalk óóít omgegee het.

Iemand het eenkeer gesê dat mense wat vir jou omgee, jou ‘n prioriteit in hulle lewe sal maak. Hulle sal tyd maak vir jou as hulle voel jy is hulle tyd werd. Ek wonder of die ou of vrou agter dié woorde ook gevoel het of die wind uit hulle seile geslaan is, toe hulle dié waarheid besef het.

Dis baie goor as iemand leë beloftes maak… veral as dit beloftes is oor iets wat hulle wéét vir jou ernstig is…

Dit suck om te besef dat jy gedink het jy is ‘n vriendin vir iemand. Maar eintlik is jy net ‘n vergete gedagte van iets wat nie regtig ooit was nie. Een wat stiller en stiller word. Een wat hulle nie eers sien verdwyn nie.

Slegter selfs – as jy besef jy was naïef en dom en pateties genoeg om te glo…

Advertisements

6 thoughts on “Onvriendskap

  1. Soms voel ‘n mens misbruik. Maar soms is ‘n mens goeie vriende vir ‘n tyd en dan loop julle paaie uitmekaar vir geen rede nie. Ons is almal so besig met ons eie dinge.
    Ek het ‘n vriendin wat my amper nooit kontak nie, dit voel of die kontak altyd van my af kom. Is ons bymekaar, ervaar ek egtheid. So dalkies is dit ook maar so by julle? Of dalk nie?

    Like

  2. Ek ken daardie gevoel maar te goed. Maar wat ek ook ken, hier in die verre vreemde waar ek baie ver van eens beste vriende is, is die besef dat afstand tog nie ons vriendskap gekelder het nie. Elke keer wanneer ek terug in SA is, dan kuier ons ‘n hond uit ‘n bos uit en kan ek op daardie Gideonsbende van my se knoppie druk. Selfs al trap ons deesdae nie meer mekaar se drempels flenters nie, weet ek dat hulle altyd daar sal wees vir my. Ja, daar is dan tog ook diegende wat deur die verlede en omstandighede ingesluk is – wat jammer is. Maar intussen het daar ook wonderlike “nuwe” mense my pad kom kruis. So beweeg ons aan.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s