Sielseer

My siel is seer vanaand. Letterlik. Daar is ‘n pyn in my binneste en ek weet nie waarom nie. Ek wil huil en skree en ek wil só graag hê dat iemand my so styf moet vashou dat my gille versmoor, die seer verdoof word en die angs net kan vlug. Maar ek kan dit van niemand vra nie.

Waarom voel ek so? Ek het myself dit al ‘n duisend keer gevra en steeds kan ek nie op ‘n antwoord kom nie. Dit voel vandag vir my of iemand wat baie naby my was, weg is… dood is… asof ek iemand vir altyd moes groet… of iets. En ek haat koebaais. Alle soorte koebaais.

Baie ver in my agterkop speel stukkies van Toe vind ek jou so dowwerig en ek glimlag skeef vir die ironie van die oomblik. Dis ‘n tranerige glimlag. Ek wens ek kon die rede vir hierdie liedjie weet; wie die mense was en hoe hulle mekaar gevind het en watter monsters in die donker húlle so getreiter het… en, die belangrikste van alles, het hulle mekaar vir goed gevind?

Geen pretensie, geen beheer: ek is bang. Ek haat hierdie gevoel in my en dit maak my vrek bang. My oums het altyd gesê ek het haar aanvoeling vir dinge wat gaan gebeur geërf. Dalk is sy reg. Hopelik was sy verkeerd en hou dié gevoel net met toeval verband.

Ek hoop so.

Advertisements

5 thoughts on “Sielseer

  1. Daar was kere; nagte wat ek so gevoel het wanneer die donkerte my bekruip het.

    My binneste huil oordat jy ook hierdie gevoel ken. Tog het ek goeie nuus: net soos n kers die donkerte kan verdryf kan jy ook hierdie leë donkerte verjaag.

    Die geheim is dat dit n leemte is in jou hart, en -net jy- kan dit vul. Lees boeke wat mens maak dink oor die lewe, gaan stap in die natuur (en los die musiek en selfoon tuis), of le op jou dak in die aand en bekyk die sterre.

    En kort voor lank sal jy agterkom dat die seer weg is. Mense om jou sal ook agterkom!

    Ek praat uit ondervinding. Ek hoop dat dit jou ook sal bevryding gee.

    Met hartlike groete
    Havoc

    Like

  2. Ek hou net mooi niks daarvan wanneer jy so voel nie! Wens ek kon jou hierheen “beam” – soos in Star Trek – sodat ons lang ente kon gaan stap en gesels (ek glo vas dit sou gehelp het). En dan, na die stap, maak ons een van daai lekker goete waarvan jy altyd die resepte op FB wys en geniet dit saam met KOFFIEEE!! Maar nou moet jy maar tweede beste doen, sonder my hulp. Doen dit.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s