Vlekkeloos: die klug

Ons almal het vlekke. Net dit. Álmal het vlekke. Of dit nou as gevolg van ons menslikheid of ons menswees is, ek is daarvan oortuig dat niemand ‘n lewe kan leef sonder vlekke nie.

My week was vir ‘n slag rustig en my naweek lekker en vol pret. Ek het hoegenaamd niks om oor te kla nie. Ek is gelukkig. Tog bly daar dinge in my agterkop broei. Waarom is dit altyd erger as ek nie besig is nie?

My pa spook by my en ek mis hom. Maar hoe gemaak as ‘n mens só bang is om weer misbruik te word en weer seer te kry? Sy vlek het ‘n leemte in my lewe veroorsaak; ‘n groot donker kol van niks. Dis ‘n seer leemte. ‘n Kankervlek. Iets wat geen seep of water sal verwyder nie, al skrop ek ook hoe hard.

‘n Vlek is ‘n vlek en ek is alles behalwe vlekkeloos. Tog wens ek dikwels dat ek was.

Advertisements

6 thoughts on “Vlekkeloos: die klug

  1. Ja, dis waar. Soos met ‘n mooi tafeldoek, is daar nou maar een maal goed waarop jy nie regtig vlekke wil sien nie. Of soos ‘n duik in ‘n kar. Die enigste manier om dit te vermy, is om dit nooit te gebruik nie. Maar ons LEWE en ons kry duike en vlekke. En dan is daar eintlik net twee opsies: Aanvaar dit as deel van jou lewenstapisserie (kyk na die geheel en nie net na die donker gedeeltes nie!) of maak dit reg.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s