Bosnimfdroom

Ons almal het drome. Almal het fantasieë. En so gebeur dit toe ook dat ek myself vandag amper onkant vang, waar ek op die bank voor die TV sit en droom van ‘n plek ver van hier. Een wat altyd groen is en waar ‘n mens nooit alleen is nie.

Ek het gedagdroom van ‘n bospad wat kronkel tussen rotse deur. Kranse wat skuiling bied en groot mos-bebaste bome wat ‘n wildehaar bosnimf kan wegsteek van nuuskierige oë.

Ek het gedroom van sagte grond wat effens doef-doef maak as ek daaroor loop en van koel water wat al kabbelende net híér by my verbystroom… ‘n Belofte van iets moois wat wag…

En ek het gedroom dat ek dit vind – die prag van ‘n spierwit sluier wat saggies val; meters ver vanuit ‘n skeur in die mooiste rooiste rots; tot op ‘n ligte mis van varsheid wat klam aan my gesig vaskleef. Dit is waar ek verwonderd staan en alles inneem… die sagte groen op die rots hier langs my… die geluid van water wat léwe… die soet reuk van die berge… en jóú hand, in myne. Jou vingers wat sag en warm tussen myne deur krul en jou glimlag wat selfs hierdie wilde bosnimf kan dwing tot kalmte.

Wanneer ek my oë toemaak, dan raak ek weg… maar net sodat ek myself weer kan vind langs ‘n waterval. Saam met jou.

Foto van Lone Creek Waterval; geneem van flickr.com

Advertisements

7 thoughts on “Bosnimfdroom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s