Strooi word twee!

Blykbaar blog ek nou amptelik vir twee jaar. Snaaks; dit voel vir my of dit eintlik al baie langer moet wees. 


Blogging is ‘n eienaardige besigheid… Jy ontbloot ‘n deel van jou menswees wat jy nie andersins sou deel nie. Jy wys vir vreemdelinge (en soms ook bekendes) jou krake. En vir my was die grootste blog-lewensles dié blote besef: dis okay. Regtig; dit is okay. Ons het almal krake. Sommige van ons het al flenters gebreek. Maar ons is nog hier en ons is bereid om ons unieke maar perfekte inperfeksie te wys en te deel, daardeur te groei en ander sowel as onsself te probeer help.

‘n Baie opregte dankie aan elke liewe besoeker, leser en volgeling. Julle maak dit vir my so lekker om te kán (of te mág) skryf en ek hoop julle weet daar is ‘n hele klomp van julle waarvoor ek al sommer lief geword het!

Mede-bloggers – julle rock! Daar is ‘n hele paar van julle wat my lewe so verryk en my so ontsaglik baie leer; en ek weet ek is nie die enigste een wat só voel nie!

Advertisements

10 thoughts on “Strooi word twee!

  1. Ek moet se. Eks baie bly ‘n vriendin het my oorreed om te begin blog. Dit is vir my ‘n wonderlike geleentheid om vrylik te kan skryf. En op die ou end te kan deel en ander mense te leer ken op ‘n vlak wat jy nooit andersins sou nie. Ek leer, lag en huil soveel vandat ek hierdie wereld ontdek het.

    Liked by 1 person

  2. Dit is eienaardig…. ‘n mens leer ander mense waarvan baie nie gesigte het nie, ken en liefkry. As ‘n mens eers ‘n ding geblog het is dit asof jy kalmte kry en die ding meer in perspektief sien. Mooi naweek vir jou.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s