Seekatgreep

Van kleintyd af moes ek hoor dat ek soos ‘n seekat slaap. Nie omdat ek arms en bene oor die hele bed laat lê nie; eerder omdat ek al wat ‘n arm en ‘n been is om kussings, sagte speelgoed en ja, selfs om mense draai en hulle dan so vasklem in ‘n bykans onlosmaakbare greep. ‘n Seekatgreep.

Oups het my een oggend daaroor gevra. Hy het die vorige nag sommer by my ín die bed geklim met storietyd, want dit was koud en ek kon mos nooit lekker slaap sonder ‘n glasie warm melk (met neutmuskaat en suiker in) en sy Jakkals en Wolf-vertelling vir die dag nie. Ek onthou hoe ek altyd teen – of amper ín – hom opgekrul het en my bene, arms en selfs my vingers om hom probeer koek en knoop het in ‘n poging om hom bý my te hou. Elke oggend het ek egter verbaas, dalk teleurgesteld en effens ontnugterd, wakker geword en gewonder hoe hy homself ont-seekat het sonder om my wakker te maak. 

In antwoord op sy vraag; ‘n antwoord wat vir my nogal voor die hand liggend was; het ek eenvoudig geantwoord dat ek net noe alleen wou wees nie. Ek wou nie hê hy moes loop nie. Ek wou nie hê hy moes my alleen los nie. Dié antwoord het iets met sy oë en gesig gedoen wat ek nie kan beskryf nie, maar verseker ook nooit sal vergeet nie…

Soms wonder ek waar kom my angs vandaan. Die vrees om alleen te wees; om verwerp te word; om van vergeet te word. Ek weet nie… ek weet net dis ‘n baie egte vrees wat ek haat. 

Vanaand krul ek maar teen myself op in die bed. Seekatgrepe pla ander mense en dit help in elk geval nie, want dit werk nie. Maar ek wéns dit hét gewerk…

… want ek wens jy bly…

Advertisements

4 thoughts on “Seekatgreep

Lewer kommentaar op Tannie Frannie Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s