3 jaartjies

Soms wens ek dat ek net weer drie jaar oud kan wees. 

Dit is ‘n ouderdom waar vloermoere aanbaarbaar is, waar jy selfs vrae wat ongemaklik is móét vra, waar jy kinderlik-opreg bly kan wees en maar mag truppel van vreugde as iets groots gebeur. Jy kan skaterlag en hartverskeurend huil, en mense sal troos sonder te veel vrae. Einas kan maklik met superhero-pleisters reg gedokter word en jou grootste bekommernis is daardie aand se groente… en hoe jy dit skelm vir die hond gaan kan voer.

Op dae soos vandag wens ek dat ek weer drie klein-krom vingertjies oud kon wees. Dan kon ek nou my Oups se hand gaan vat en hom van sy ligbruin Lazyboy voor die TV af weggesleep het, sodat hy elke monster wat onder my bed of in my kas weggekruip het kon verwilder. Almal. Elke vreesaanjaende een. Weg… vir altyd en ewig en éwig! 

Hy sou dan langs my in die bed geklim het… net ingeval hulle terugkom… en vir my van Jakkals en Wolf vertel het. Ek sou in sy beskermende arms aan die slaap kon raak. Veilig. Sorgeloos. Monsterloos. Nagmerrieloos.

Ek wéns ek was eerder weer drie.

Advertisements

8 thoughts on “3 jaartjies

  1. Jou smagtinge en verlange word duidelik aangevoel. Ek het al baie (veral die laaste tyd) hieroor nagedink en dan wonder ek… wil ek weer al die pyne en sorge (wat natuurlik saam met al die mooi herinneringe kom) beleef? En as ek die horlosie perdalks kan terugdraai, sal ek iets verander … en die risiko loop om alles wat vandag vir my lief en dierbaar is (die dinge wat die einste pad vir my gebring het) te verloor? (Terloops: Jy MAG maar skryf.)

    Liked by 2 people

  2. Ek het ook nou sommer self weer terug verlang na daardie tyd van my lewe… die ongekunstelde, beskermde en gevoel van behoort voordat al die stampe en stote gebeur het en mens in ń nikswerd bang grootmens laat verander het met meer vrae as antwoorde… maar eendag sal ek weer so kan voel en daarna sien ek oneindig baie uit xxx

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s