Winterwind

Vandag is net ’n ontsaglike hartseer en baie alleen dag vir my. Ek haat hierdie dag. Ek haat die pyn wat in my groei. Ek haat die pad wat vir ons voorlê. Die pad suck.

 

Ek wens jy kon my hart sien
en verstaan wat ek wil sê
as ek vra vir net nog een kans
en dat ek jou steeds liefhet

Ek wens jy kon my vashou
en my liefhê weer vanaand
dat die pyn wat op my wange loop
in jou palms einde vind

In die ysgreep van ’n skeiding
moet ons nou ons rigting vind
maar my beste vriend se hand is weg
en daarsonder lyk die toekoms blind
want gedagtes van saam oudword
dat ons alles kan oorwin
is deur my en jou verander
en dit waai wild weg
in die winterwind

 

Advertisements

12 thoughts on “Winterwind

  1. Oeee, dis so seer. Dink so aan jou (en vra in my gebede dat jy ook hierdeur gedra en gelei sal word). Jy weet hoe kosbaar jy is – vir baie van ons. Maak toe jou oë en voel my drukkie. Byt vas, chin up – jy kan!

    Like

  2. I can’t ‘like’ this – it is too intimate for that. Your words are so raw and so moving, filled with a passion that begs for comfort. May you find just that.

    Like

  3. Die laaste strofe is skrynend hartseer, maar nie heeltemal waar nie – want ek glo nie dat jy aan die verandering van daardie gedagtes aandadig was nie. Moenie dat jou selfrespek gesteel word en jou selfbeeld knou nie. Die lente SAL weer kom.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s