Trane

Wat doen ‘n mens as jou dag met trane begin; as ‘n mylpaal in jou huwelik voorlê, maar jy weet dis net op papier en dis eintlik net vir jou wat dit iets beteken? 

Wat doen ‘n mens as jy besef dat jý so min waarde soos daardie stukkie papier het vir die persoon wat dit met jou deel; as jou hele wêreld tot stilstand kom en jy besef dat jy ‘n blote toeskouer is in jou eie lewe? 

Wat doen ‘n mens as jy wil skree dat dinge nie só moet wees nie; as jy wéét dat dinge weer kan regkom; as dit is waarvoor jy al vir so lank so hard werk… maar dis nie net jou keuse nie?

Wat doen ‘n mens as jy rede soek om aan te hou en asem te haal, maar alles in jou skree dit uit dat asemhaal net ‘n mors van kosbare suurstof is?

Wat doen ‘n mens as jou hele wêreld -letterlik alles wat jy het – skielik voor jou disintegreer en jy besef jy is nietig en eintlik heeltemal alleen? 

Wat doen ‘n mens as iemand die klein vlammetjie van hoop in jou hart blus en daar ‘n koue klou van seer jou hele lyf vasklem; soveel só dat jy sukkel om te tik, so erg bewe jy?

Wat doen ‘n mens as hy sê hy wil jou nie meer hê nie? Ten spyte van alles.

Jy doen niks nie. Jy huil net.

Advertisements

10 thoughts on “Trane

  1. Sonder om religieeus of prekerig te wil klink, sal ek by hierdie punt van jou, “as jy wéét dat dinge weer kan regkom” regtig maar net die hele verhouding/huwelik voor God neerlê en in Sy Wil plaas.
    Glo my, dìt verg meer geduld, inspanning en moed om dit te doen, as om op te gee óf om te wil baklei vir iets (of iemand) wat klaarblyklik nie dieselfde as jy dink nie.
    As jy kan, kry Stormy Omartian se boek “The power of a praying wife”.
    ‘Geloof’ is op ‘n manier ook soms maar opgee. Opgee van ons eie ek. Ons eie oortuigings. Ons eie wil. En opgee is só anti-ego, is dit nie? Gee op ja. En dan gee jy dit OP. Boontoe. Dan begin jy babatreetjies gee… elke dag ‘n gebed. Elke dag vertrou dat dinge sal uitwerk soos dit moet. Omdat jy dit opgegee het.
    Sterkte ☼

    Liked by 1 person

    • Skuus – weer ek… as jy dalk nie die boek in die hande kan kry nie – gebruik dié link: http://www.ticoandtina.com/power-of-prayer-1/
      Soos ek reeds gesê het: begin jou dag met 5 minute se opdra en dan los jy dit daar en fokus (probeer hard) op iets positief en kyk of jy vreugde kan kry uit iets anders (al deel jy net ‘n bietjie vreugde uit. what goes around, comes around 😉 – Glo my, dat negatiwiteit en neergedruktheid ook uitstraal en dit ook as ‘n rede deur jou ander/beter/swakker helfte gebruik kan word, om jou te vermy.

      Liked by 1 person

  2. Liewe Strooi, jy eet gereeld iets, jy was jou boudjies, jy kam jou hare, jy sit een voet voor die ander en dan die volgende dag doen jy dit als van voor af. Tot een dag wat jy op kyk en besef jou hart is nie meer so seer en jou trane nie meer so vlak en jy weer kan lag vir mense se simpel grappies.

    Like

Lewer kommentaar op BB Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s