Goeie goed is mos skaars!

Ek kon skaars my Desember-blaaskans geniet, toe begin die nuwe jaar al. Nuwe dinge, nuwe uitdagings, strenger sperdatums, korter tye om meer werk as ooit tevore af te handel… Januarie is nog nie eers verby nie, en ek is reeds agter met my werk.

Liewe mense – ek is jammer dat ek so skaars is. Hoewel ek baie skryfplanne in my kop het wat broei en nie kan wag om weer ‘n behoorlike blog te skryf nie, kom ek net eenvoudig nie daarby uit nie. Nie lees óf skryf nie. My studies is die grootste rede daarvoor. Maar, soos wat iemand my ook eens belowe het, glo ek dinge sal weer rustiger gaan. Eendag. Of kom ons hoop so. Eerder vroeër as later.

Dankie intussen vir almal wat e-posse gestuur het. Ek waardeer elke liewe een van julle en geniet julle boodskappe vreeslik baie. Asseblief, moenie ophou nie!

strooimeisiesegoed@gmail.com

x

Advertisements

6 thoughts on “Goeie goed is mos skaars!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s