Post-vakansie-manie

Dis nogal hartseer… my vakansie maak amptelik dié naweek klaar. Volgende week is dit weer werktyd (of minstens studeertyd) en hoewel ek alweer nie by meer as die helfte van die goed wat ek beplan het, uitgekom het nie, sien ek eintlik nogal uit na die jaar en al sy nuwe uitdagings en my studies. (Ja, ek weet… ek is maar effens mallerig!) Uitdagings is goed. En ek is game!

Maar dis volgende week se dinge. Vir die oomblik sit ek net eers op die stoep en luister na al die voëls. As ek net ‘n klein bietjie meer van ‘n verbeelding gehad het, sou ek die karre wat verbyry dalk as branders wat breek kon hoor en die mis en effense briese oor my gesig kon insien as seesproei. 

Dammit, ek verlang na die Kaap!

Ek sou glad nie omgee om nou; op dié presiese oomblik; op Rooi-els te kon wees nie. Of iewers in daai geweste, in elk geval. Soos ‘n uil op ‘n kluit, bo op een van daardie growwe rotse. Regop, bene teenaan my opgetrek, ogies styf toe. Al luisterend na die see en wind se sang, terwyl ‘n berg en fynbos my rug beskerm. Die wind sou my seker van die rots afwaai as ek my vriende in die Kaap so beluister… of dit sou my hare soos Medunsa s’n om my kop laat krioel. Ten spyte van die gekoekte boskaas en potensiële bloukolle van die val, sou dit my min pla. Ek sou in die Kaap wees, reg? Op mý klip. Naby mý see. Teenaan mý berg… Vir ‘n meer perfekte oomblik sou ek nie kon vra nie.

My hart gaan uit aan almal in die Kaap wat op een of ander manier deur die brande van dié week geraak is… mens én dier… Sterkte vir julle!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s