Soos blare van ‘n karee

Ek onthou hoe ek op skool my hande altyd met blaartjies en takkies onder die skool se kareebome besig gehou het. Veral as mense met my gepraat het… ek was verskriklik skaam (toe ek jonger was) en het gedurig oogkontak vermy.

Eendag, ek dink dit was in die laerskool nog, het ‘n vriendin my gewys hoe om ‘n tipe van ‘n blarehalssnoer te maak. Mens buig die blaar versigtig om, dan druk jy die stingeltjie deur die blaar… net langs die hoofaar… daar net voor die punt. Dan hou jy net so aan met nog blare, totdat ‘n ketting vorm. 

Vir my was dit verbasend moeilik, want ek het aanvanklik baie blaartjies te kort en hard probeer buig. Dit het dan geknak en gebreek. Onbruikbaar.

Dit val my vanaand op dat vertroue net soos dié blare is. As jy mooi daarmee werk, kan iets pragtigs gevorm word. Maar as jy nie versigtig is nie? Dan knak die blaar tot ‘n bykans onbruikbare stukkie amper-kompos. Of dit breek heeltemal.

Wees versigtig hoe ver jy blaartjies buig; hoeveel keer jy dit laat knak. Gebreekte blare is nie mooi nie. En om te breek is flippen seer.

Advertisements

One thought on “Soos blare van ‘n karee

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s